STAD SE LIGGIES
STAD SE LIGGIES Triolet Helder skyn die stad se liggies ons liefde blom in die maanlig pad staar diep in mekaar se gesiggies helder skyn die stad se liggies tonne liefde en warm soentjies droom ons saam oor ons lewenspad helder skyn die stad se liggies ons liefde blom in die maanlig pad © Eleen […]
31 Desember 2018
(goud) Sy is lief die berg, sê sy – die see, die lug, die blou, die meeue wat teen storms beur, die reuse vlieërs – bont seile in die wind. Sy sit dikwels op haar bankie; kyk na die skepe in die baai. Kom skemer skyn hul dowwe liggies deur die mis. Haar oë […]
Swart kantjies vir ‘n vreemdeling
Ja-ja, ek het ‘trust issues’ – big time! Sommige noem dit privaatheid, ek noem dit sommer net die gebrek aan val-oor-jou-voete-vertroue en warm maar stadig op voordat my hart genoeg waagmoed toon om ten volle oop te maak en al sy derms te wys. Van my lyf práát ek nie eens nie! Daarby het ek […]
Toe (Brons)
‘n Slot is ‘n slot en die slot is die slot. Die een maak toe, die ander is ‘n einde. Met ‘n geenpoel riskant het dokter die fabriek maar afgebrand, en met die uitsny verseker dat ons geen lote kry. So as bloedjong vrou word ek ‘n sportmodel. Almal terg my stuitig, tog bly my […]
OPSTAANTYD
Soos moeder Eva het sy opgestaan die brokke van haar verlede saam met die kreukels en stof uit die lakens oor haar bed afgeskud toe die somersoggend in die palm van haar hand vasgevang en alles om haar in smôrensoranje geskilder – die laaste ster ook opgevou en in haar sak gedruk haarself in ewige […]
(t)roosloos
as blomme pyn kon stil sou ek ’n duisend langsteellelies pluk en dit in erdekruike op die trappe van jou stoep rangskik ek sou ry op ry laventelbos in jou agtertuin se leemtes plant en voor elke ruit van jou ’n sonneblom laat geel… as blomme pyn kon heel © Carma Shaw 23 November 2018
’n Berghang met uitsig (’n brief aan Shirley van Engeland)
Shirley, ek sit hier op ’n bankie in die hart van die Klein-Karoo. Dis vroegdag. Ek tuur oor vaalgroen velde – bome, bossies en gras. Die hemel is aan’t blou raak soos daardie tyd toe jy nog hier te vinde was. Dis teen Gamkaberg se wang waar ek nou my tyd verwyl. En iewers op […]
Plastiek Woorde (565)
Koffiefontein is een van daardie dorpies waar jy elke soort onder die son vind. Tante Kotie weet dit alte goed. Party noem haar dan “Antie” of “Antie Koot” of sommer “Antie Koot van Koffiefontein”. Sy verkies Tante Kotie – dit klink net meer opgevoed. Aai, maar dis die kinders wat haar “Antie” noem wat haar […]
Mensgemaakte boeie
Wanneer jy snags nie kan slaap nie, gaan jou gedagtes baie maal heeltemaal op loop. Dit is so half of dit iets buite jou is en jy is net die toeskouer, of in hierdie geval, die toehoorder. Soms gaan jy op ‘n ongekende reis, ander kere is dit ou bekende stofpaaie waarlangs jy al male […]