Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]
Erin
“Sinneloos, magtag, het jy in jou lewe iets meer sinneloos gesien,” en hy slaan die groot vuis op die tafel hier langs my sodat die koffie bo-oor die rand stort. Ek ken Bart Groene seker twintig jaar, nee ses-en-twintig jaar om presies te wees, en nooit het ek hom so ontsteld gesien nie. Hy draai […]
Soos die Val van die Dobbelsteen
Wanneer sy haar mediese tas vat en begin stap in die rigting van die uitgang, voel sy die rugby bal haar liggies teen die kuit tref. Sy draai terug, sien hoe die hele span in afwagting wag vir haar reaksie, skielik is sy lus om hulle terug te kry, en sy weet, sy kan. Sy […]
Oneindig vir Ewig
Die digter sê daar is ‘n vrou in elke geur Maar jy liefste, is dit, en soveel meer Die grasie van jou jeug, verewig in die lang gras se wuif Jou ontembare gees, ongebonde soos die sweef van die duif Die vonkel-glans van die knik van jou oog Vasgelê in die maan se glans daar […]
SÊ DIT WEER
SÊ DIT WEER Hy maak sy oë toe, weet nie eers ingroei toonnaels kan soveel pyn veroorsaak nie, ‘Die vervlakste Amerikaners met hulle tien gemiddelde skoen grootte,” en hy kyk na sy nommer twaalfs, sien die blase aan sy voete, en is seker hy het nog nooit soveel pyn gevoel nie. Hy probeer sy gedagtes […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]
Terug na die Begin
Terug na die Begin Sy kyk na die groot kop van die man wat gebukkend oor haar tekeninge staan, voor sy iets kan sê, word hy bewus van haar teenwoordigheid, kom orent, en draai om, en al wat deur sy gedagtes gaan, is, ‘Wat sal die ‘kind’, hier in die tekenkantoor soek,’ en sy sien […]
Soeke
Soeke, April 2010 “Ek sal jou ruïneer, ek sal jou verneder, ek sal die wêreld wys die wonderlike Dr. Reza Ciske is niks anders as ʼn siek sielkundige wat haar pasiënt met haar siek persoonlikheid tot selfmoord gedryf het nie.” Harde woorde wat bedoel is om te raak, en seer te maak waar niks nog […]
Die som van liefde
Die Som van Liefde Hy staan laatnag in die deur van haar kan¬toor, blousel blou oë, regop blonde stokkies hare, en die stempel van die jeug op sy bruingebrande gesig. Sy stem is verskonend, skaam, “Ekskuus om te pla, ek is op soek na professor Checkzkova,” en daar kom ʼn vlietende rooiheid oor sy gesig, […]
Bande wat Bind
Bande Wat Bind Die woede in haar ruk haar ingewande soos ʼn vyf op ʼn Richter skaal — ‘Wie de duiwel dink hulle is hulle,’ Flits dit deur haar gedagtes wanneer sy die vreemde skeerroom ruik, en die groot skoenspoor in die sneeu sien. Sy gly geluidloos oor die sneeu na die buitehuis, sit die […]