OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
seisoene
seisoene appelwang en poniestert dartel sy deur haar lente kommervry en sonder vrees jonk van liggaam én van gees haar bloeisels bot en haar granaatboom blom soos haar rypheid nader kom drome gedroom en sterre verskiet sy wieg op die maat van ‘n liefdeslied die aanbreek van die somer bring volheid na die dromer terwyl […]
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
Busboikot en burgerregte.
Busboikot en burgerregte. Op 4 Februarie 1913 word Rosa Parks gebore as Rosa Louise McCauley in Tuskegee, Alabama. Sy is James en Leona Edwards McCauley se eersteling en het later ʼn broer gekry – Sylvester. Haar ma was ʼn onderwyseres en haar pa ʼn skrynwerker van beroep. Na haar ouers se egskeiding het sy en […]
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
Boudswaai haaikos Silwer – Limmeriek
Ou rooikop Hes van die baai Het altyd die koppe laat draai. Sy spring in die see Met ‘n huppel of twee En word haas die prooi van ‘n haai.
Musiek vir my roos
Musiek vir my Roos Jy hoort tot klassieke skrywe musiek deur ons Goddelike komponis begelei deur ‘n engele koor ‘n klavierstuk meesterstuk is jy in rosegeur met ‘n blaarkrans op jou kop pluk ek jou liggies om klanke voor te bring die rooipienk in jou gelaat soos bloeisels wat bloos waar jy holster in die […]
wagtende wieg (SILWER)
wagtende wieg o, die opwinding is so groot, die vreugde! met swangerskaptoets in geskenkverpakking het ek die nuus oorgedra met sterre in my oë ons ouers wat groot-oog in blydskap deel een grou grys oggend ontwaak ek met sombere gevoel … iets is nie heeltemal pluis nie en met klemmende kommer is ons na ons […]
VAN VOOR AF
VAN VOOR AF Eet my! Eet my uit! Sodat almal dit weet en my nooit sal vergeet: Daar’s iets wat my siel bly verniel; my derms uitryg en my asem uitsuig. Dan my wese uitspoeg en my kaal laat bly lê. Jy vréét my! Jy vreet my uit my lewensbaan. Uit my wilsbestaan. Jy goël […]
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]