My sus in n sonstraal
Dit was laat middag. Die hospitaal kamer is in ‘n skemer gevoel toegewikkel. Dae hier laat mens verlang na die son. Buite skyn die son, vir ander mense. Ek weet…. want tussen die lewelose beton sien ek die strale verspot rond dans op die hospitaal dak. Ek verlang na my kinders. Ek voel skuldig want […]
Een twee drie blok myself
Hoop sonder ophou al is daar geen hoop en glo sonder einde al kan jy nie meer glo. Bo my blok die plafon dat geen gebed deurkom. Onder my lê klippe gesaai wat my laat val en draai. Goed gekondisioneer, gebreinspoel en geleer om te glo, hoop en vertrou. Hoe hou jy aan, as dit […]
Dieptes
Dieptes In geestelike resessie gevange in donker kelders van depressie doolhowe wat lei na nêrens, vaag elders— Uitgange is versteek jy bly verlore vassteek elke oplossing ‘n impasse en gladnie opgewasse aanvaar jy alles gelate verlate jy’s geen bate— Die put het geen lere ook geen wysgere om ‘n tou af te rol en jou […]
Boemelaar
met jou ou flenter-vodde hoed oë stokstyf starend na niks diep-kerf plooi vergete gisters en hand wat bedelend bewe hoekom so mors met jou lewe steeg en karton is jou woning daar’s vir jou geen ander plek hoeveel lang, koue winters lê jy hier plat, vuil uitgestrek met kankervlekke oor jou lyf niksseggend, taai-strak gesig […]
Grouvrou
Gisteraand was ek weer ʼn grou vrou. Uitgestap onder die sekel maan en by my grou gat gaan sit. Ek het gegrou in my gat en al my toe gegroude rougoed gaan uit grou. Ek het diep gegrou….. deur my hart deur my siel gaan uithaal om net weer te rou. Die maan se lig […]
JOSEF IN DIE PUT
Gen.37:23-28 O Here, hoe kom ek hier uit? Die wande’s glad en steil en hoog. Ek klouter, gly en val. ‘k Sal weer probeer. Ek moet hier uit! Daarbo’s die lig! Ek klouter, gly en val. ‘k Sal wéér probeer. Verniet. Uitasem, magt’loos, bly ek maar net sit. O Here, hoor my klag! Stuur uitkoms, […]
Saphira en die Halfeeufees
Saphira sit op die kasteel, wat half deel van die berg is, se dak. Dis donker nag en sy weet dat Eolande al lankal vas aan die slaap is. Om die waarheid te sê, almal slaap behalwe sy. Die Feëtjie Hond sug. Die maan is groot en geel, maar maak geen lig nie. Sy haat […]
WhatsApp (last seen 25 Dec 2014)
. . . en skryf jy nog lang gedigte oor die liefde en ons land ry jy nog die wêreld vol tot innie Kaap was jy toe ooit by Bloubergstrand ek bly nog in my houthuis drink steeds soetwyn saam met brood en onthou jy nog die wit hond hy lê nou weer met sy […]
Halfmens
“Ek kan nie meer voel nie,” kla ek. “Die wêreld lê in skerwe om my. My hart lê aan skerwe. My voel is op.” Hulle breek my borskas oop terwyl ek slaap en vervang my hart met een van metaal wat soos ‘n horlosie masjienagtig die tyd verby klop. Al hoor ek dit, voel ek […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]