Stilte
Stilte Wensgeheim sente in my nederige fontein eilanddrome palmbome neem my weg langs eindelose seestrome hoe begeer ek die stilte van geen stemme net my eie hartklop wolke wat geruisloos verby galop waar sterre om die nag elemente boog tevrede knipoog geen meer jobsbode slegte nuus verbode waar vonkelgolwe se skuim die rumoer van angs […]
Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]
Breek die kettings, wees vry.
In eenvoud wil ek gaan op my kniee en uitroep kan net nie bly staan breek die kettings, wees vry Jouself se eie skuld keuses maak sonder skrome hoop jy kan dit duld geskeur aan jou drome Woorde gepraat voor mense sodoende probleme vir jou geskep erg en dit sonder grense besef was duister woorde […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
Waterfors SA
#waterfors Hoor jy die magtige dreuning Wat hard storm, ree”n aankondig Dankbaar vir uitkoms in mening Riviere begin praat en weer mondig Waterfors met sy volle mag Reen gee krag wat voort beweeg Strate word nou riviere Stroompies glad nie meer leeg Dankbaar staan boer op sy plaas prediker bel v dankbaarheid diens Plakkerskamp sinkdake […]
SIELSVERVOERING (goud)
Wanneer ek weer sterre pluk wil ek jou skelm saamsleep met uitgestrekte hande silwer stringe om jou heupe snoer sodat jy saam kan sweef sonder dat iemand ons ontsyfer of ons astrologies probeer ontleed wanneer ek my planete aan jou lippe hang. © Feb 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]
Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]
Gister, vandag, en elke dag wat kom
Gister, vandag, en elke dag wat kom Gister- ‘n Wonderlike dag, die byvoeg van ‘n nuwe jaar Gee geleentheid vir oordink van wat bly oor, en wat is klaar Bring die onthou van die pyn, en die versekering, daardie trane is reeds gebaar Bly ons diepste onthou, die vreugde van die herroep van die liefde […]