ROOI ( opdrag 8)
ROOI bloedrooi met haat en wraak beklee jillend voete stamp en luidkeels skree Kill the boer! Kill the farmer! Here hul weet nie wat hul doen nie! deur my skeur vergifnis in ‘n roue kreet langs my God se bloeddeurdrenkte treë taairooi © Barbara Smit 27/08/2018
Nagtoneel (opdrag 4)
het ek my dalk dit bloot verbeel – asof in ’n donker tafereel – die vrou wat om die hoek verskyn net voor sy in die nag verdwyn haar hand nog rooi en ongewas die hef wat in haar palm pas die lag wat oor haar lippe speel – asof in ’n donker tafereel © […]
VERGANKLIK – Opdrag 3
Stiltes breek verledes en sonder aansien val gedagtes, gedaantes en gebeentes daarom het sy dit malkik gedeel toe alles nog toe was, verkluis in ‘n môre wat dalk nooit sou kom met mense sonder grense en halfvol spense wat klaar gepraat het sy kon net sowel langer gewag het, maar dan kom traag ‘n dag […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
Ek is Marietjie
Ek is Marietjie Sy gaan sit om haar grimering aan te sit, maar vandag is dit nie grimering nie…dit is ‘war-paint’! Sy bestudeer haar gesig aandagtig. Sy moet erken sy hou nogal van wat sy in die spieël sien. Haar hare is in ‘n moderne kort styl gesny en dit is donker blond gekleur. Sy […]
Dooie drome
Elkeen van ons (ek en jy) was eens albei net van jou, want mense soos jy dans deurnag saam die duiwel rond, en vir my om wakker te lê in ‘n hol hart wat my met elke klop belieg is die doodste droom wat ‘n siel kan droom. Misien was jý ook al daar lank […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]