Dagdroom Illusies
Alles is onheilspellend stil my gedagtes lê gemaklik opgekrul in die holte van jou meestershand wat lol met my gesonde verstand. My denke dagdroom idilies illusies van jou en my op ñ duin waar ons slegs die see se hyg en die geklots teen ñ rots saam die klop van my hart teen my bors […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 3
Maandag begin Catherine al meer bekommerd raak omdat sy niks van Paul hoor nie. Sy begin ook bewus raak van die groeiende rustelose gevoel in haar liggaam wat sy nie kan verklaar nie. Die middag toe sy by die huis kom probeer sy Paul skakel maar is hy elke slag op stempos. Al wat sy […]
AMETIS (dis in die klip)
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei oor distels van glisters waar geen rose meer groei Hoe lig jy loodswaar hoof na die goudstraal van son as jou hele wese ween oor – as dit maar net kon Hoe hoor jy die geroep van tortelduif na sy maat as jy steeks staan trippel […]
DONDERDAG: Klippe
Moenie die hoop klippe doelloos aankyk nie: oorweeg, wie kan jy daarmee gooi! Persiese spreekwoord
Die Oom (Hoofstuk 1)
Dis donker in die kamer, maar Klein-Gert Venter is bewus van elke beweging wat die man op die ander bed maak. Hy kan dit egter nie sien nie – hy span sy ander sintuie in om waar te neem. Klein-Gert wens hulle was ook so ryk soos James de Witt-hulle in die bo-dorp. Dan het […]
Dapper Drome
Ek lê in die nanag van jou liefde en verryk my in die weelde van jou droom. Volg die kontoere van jou lyf tot by die oase van lewensgewende rykdom in die volheid van jou wysheid. Ek verlustig my in die warmte van jou slaap se vreugde wat uitgesprei lê in die arms van Morfieus. […]
Loopdop Doep se Nasaat (Hoofstuk 4)
Dit voel of daar sand in my oë is toe ek dit teen wil en dank moet oopbeur toe die telefoon my wakker lui. My stem is hees en dit laat my aan Duiker s’n dink. Die vorige aand eis nou sy tol. My mond voel of ek ‘n stuk kurk gekou het en die […]
Vergifnis
Vergifnis Daar is geen volkome vergifnis op aarde te vinde nie want die gif bly steeds vassteek in die middelste lettergreep daarom sê die mens ek vergewe maar ek vergeet nooit omdat niks die gif kan uitwis uit jou geheue nie. Daar word wel met groot vertoon hande geskud om die vrede te beseël maar […]
Daarom Is Ek Lief
Daarom Is Ek Lief Toe sien God alles wat Hy gemaak het en dit was alles goed in Sy oë, daarom is ek lief vir die lewe en die wêreld want Hy het dit goed gevind— Ek is lief vir al die geskape skoonheid in die natuur van fauna en flora ook berge , vlaktes […]