Ek het vandag vir Jesus gekruisig
Toe ek die spykers deur Sy hande kap aangevuur deur my sondige natuur het Hy met deernis na my gekyk Die Liefde het nie uit Sy oë gewyk toe Hy pleit: “Vader vergeef hom want hy weet nie wat hy doen nie” Hy het gesê: “Ek het dors” Toe doop ek die spons in die […]
Anker
anker as ons gaan slaap in ons ou houthuis voor op die sand van Adresloosstrand droom ons van mekaar gebind sonder winters net die son wat skyn en my hart losruk uit my bors en gaan anker teen jou lyf ©Anton Kilian
Skatkamers van my hart
SKATKAMER VAN MY HART in die voorportaal van my hart hang beelde afwagtend op vergaan sommiges slegs vervorm ander in verlate gange waar liefde nooit vertoef soos ‘n lelie getooi in varskelk loop jou voetstappe sag na ‘n plek waar die maan sweet en jou lippe myne evalueer tussen mistige soet samesyn dans ek in […]
Troostend
TROOSTEND kom na my as dit donker is nestel jou kop teen my skouer jou kurwes eggo die skynsel van die maan laat jou hart in my voetpad stap ek jou wese met liefde bederf jou liggaam in warmte vloeibaar maak laat jou mond my gesig betas elke soen ‘n kleurvolle illusie elke welwing ‘n […]
Vir jou
VIR JOU Mag ek in jou oor fluister in ‘n stem wat stromend ruis en koorsig vanuit die hitte van my lyf ontsnap. Mag ek saam jou dans en jou, soos die maan in kwart sekelende hunkering opskep en neervly Ek wil jou, swigtend, vol inasem, terwyl my vingerpunte die sierskrif van jou lyf romanties […]
Dans met my
DANS MET MY As ek jou vra dans met my in passie van ‘n tango sal jy, tot die einde my na die liefde dans wyl ek woorde uitlokkend in jou oor prewel met bewende vingers jou hand liefkoos terwyl my oë joune penetreer en jou mond die soet uit my trek jy my hartstog […]
Jy blaas en blus my vlamme
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand. Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou soutmansland na groen wingerde en boorde na daar waar […]
Laaste siele-hitte …
as die winterwind yskoud aan my hart kom vat en voor my lê ‘n lang en nat vol-moddergate-pad dan wonder ek of daar ooit weer son gaan skyn want my laaste siele-hitte het saam met jou verdwyn © borrels
Vasti
jy met jou grypende handjies en glimlag skitterwit tandjies met jou sagkens tone loop wat dink jy kan almal omkoop daar’s niks wat jy sal los net ek weet hoeveel geduld dit kos maar by dit alles saam, jou lieflingskind, gevoelens is nes die wind!