Oor die rand van die groot swart berg
Stadig klouter die goue glim oor die rand van die groot swart berg en verdwyn soos ’n sluwe skim, die nag wat hom vir dag vererg. Stadig groei die goue skreef tot volronde boepens bal. Ontwaak hy als wat leef, skep hy afwagting oor berg en dal. In die goue lig van sy glorie, word […]
Draai-dwarrel liefdesvers
Aan die punt van arendsvlerk was my liefdespreuk drapeer sodat jy deur stil pupille die boodskap daaruit leer Blaas dan gerus sag ‘n kus op bolwang van die wind ek sal dit op bergpiek vang aan my hartpunt verbind Want heuningsoet van lippe dans ‘n polka deur soet are en tintelvinger raakpraat maak emosies ‘n […]
Bessie (Deel 5)
Later die aand, na aandete, loop Bessie by die voordeur uit tot op die stoep. Juffrou Malherbe maak baie lekker kos. Hulle het hoenderpastei gehad met ’n mengelslaai. Juffrou Malherbe se man, oom Wouter, het ook saam met hulle geëet. Hy het van die werk afgekom net toe Bessie haar tasse klaar uitgepak het. Oom […]
Ons Kan Nie Anders Nie
Ons Kan Nie Anders Nie. Is die mooiste onsterflike letterkundige werke al gelewer en kan daarop verbeter word of iets heel nuuts en groots geskrywe word of geëwenaar word want ons is nou nog nie eens uitgepraat oor die skoonheid en lesse van die psalms na meer as tweeduisend jaar nie——- Ons dig en skrywe […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 9
Maandagoggend vroeg bring Catherine vir haar skoon klere om aan te trek en word sy toegelaat om onder die toesig van n vrouekonstabel te gaan was en skoon aan te trek. Toe sy terug is in die sel neem Catherine haar bietjie onder hande en kam haar hare. Dit is of Dalene pap en is […]
Die Meesterstuk
ek staar na jou meesters werk geen kreatiwiteit was ingeperk jy het dit skelm vir my geskilder so perfek geskep vir my jy het my hart so goed geken die vissers wat spook met ’n net die horison in pienke gekleur oilskins weerkaats groen in die water die vissers lag so lekker oop bek en […]
AFVAL WOORDE
Ek snuffel aan laas nag se afval woorde wat gaan lê het in my pc rommel asdrom en probeer ‘n gediggie uit die letter rommelwoorde sif tot woorde letterkunde Ek doop my afval woorde in die oggend se goudgeel kroon eentand glimlag en vra die jaar se afval woordeboek ‘n pasella alfabet om ‘n gediggie […]
Vriendlief
Voor jou is ek net ek. Geen voorwend of skyn. Voor jou is dit maklik en vrese verdwyn My siel is soms naak, my hart openbaar. Gewilliglik kwesbaar, maar nooit in gevaar. Met jou kan ek deel wat ek self nie kan dra. Met jou kan ek deel wat geen ander verstaan. Danksy ʼn band […]
Die Seder
‘n Trotse Seder Ek is ‘n trotse seder van die Libanon uit die geslag van naaldboom of pynboom, van die bome adelstand—- Koninklik fier my gespitste top wat agtien meter hoog hemelwaarts uittroon, ‘n vermanende vinger wat arrogansie teregwys onthou ek was die dakspar in Salomo se tempel, die uitverkore timmerhout, as pynboom dalk Sy […]