Die twee Susters
Lank gelede is dit al – daar het ‘n gesinnetjie geleef: Pa, Ma en twee liewe klein dogtertjies. Hulle was welgesteld en het aan niks geskort nie. Altwee, die Ma en die Pa was besorg dat hulle kindertjies net die beste sou kry, net die gesondste kos en fynste kleding, die beste, nuutste opvoedkundige speelgoed, […]
Bessie (Deel 6)
Juffrou Malherbe draai om en loop weer die huis in. Bessie hoor haar met oom Wouter praat, maar so sag dat Bessie nie kan uitmaak wat gesê word nie. Dan kom juffrou Malherbe weer uit en trek die houtdeur agter haar toe. “Mag ek?” vra sy en beduie na die oop sitplek langs Bessie. Bessie […]
Konigin Van Die Nag
Koningin Van Die Nag Van sekelmaan tot volmaan het ek geleidelik in volheid stralend en statig arriveer as die koningin van die nag— My glans het die magiese towerkrag van liefde en laat dit opbruis en ontvlam in jong aangetrokke harte— Ek gooi my strale oor die oseane en laat swel sy golwe en deinings […]
Carpe Diem se Watsenaam
….en eintlik is ek nou al moeg gegryp aan al die dae. So moeg, dat dit reg voel om enetjie deur my vingers te laat val. Bietjie gryp na die veerpen wat saggies verby gesweef kom, en ‘n druppeltjie ink uit hom druk. So laat Hubby se “sit jy alwéér hier” my ongemaklik op die […]
Droom-melodie
op die wysie van ‘n nuwe natuur-liriek speel die wind in mimiek met die geel-verbleikte Witstinkhoutblare op die maat van onhoorbare musiek ritsel daar in simfonie met sonbesie sang as fragmente van klank saamsmelt in ‘n streelsag droom-melodie © Anzé Bezuidenhout
Jy, my somer
Jy, my somer as herfs besluiteloos speel tussen somer en winter lag jou mond dwarsdeur die warm in my lyf, voel ek jou sny, koud deur die wande van my hart, verskans ek myself in kleurvolle onthou, wens ek die tyd loop vinnig na jou, die somer van my jaar. @Anton Kilian
Drie silwer bangles
Al het ons nooit gepraat nie, het ons vir mekaar gekyk – en in jou brief met drie silwer bangles vra jy toe om met my te kys – en al was jou hare altyd ongekam en jou bynaam Bospatrys, het my hartjie tog ja gesê maar moes my sussie dit skryf – ( want […]
Dis die Dood wat Lente bring
Met die uitgang van my dag kom ek staan in bewondering oor die waasbleekmaan wat druip bo die son wat dyend sterf in sagter kleur van aangeslane goud en my siel en gees word skielik koud soos die wegslaanasem van winter as sonnestrale oor verre rante splinter. Tog: Ek weet, uit draaiing van seiesoen, dat […]
Ek dors altyd jou suikerbekkiestroop
Op my dam se wal het ’n Apiesdoring pa gestaan vir karee, vir blinkblaar en drolpeer; en tussen-in het opgerank (ook weggekruip verby nesmaakplekkies van die goudstertspeggies) die bessiebossies met pers en wit en rooi vol smaak. Maar onder my ou apiesboom het son en skadu’kol op maat van takgeroer gedans (of soms net stil […]