bosveldhuisie
die koue sny deur been en steen flou sonnetjie bring ‘n nuwe dag ‘n wind wat troosteloos ween ‘n vrou wat wag waar is die tyd tog heen sy kan vergewe maar nie vergeet hoe die son warm geskyn het oor haar bosveldhuisie elke geleende somersdag so warm en knus in die winter haar kinders […]
Die Donskombers van die Lewe
Buite drup water troosteloos met eentonige reёlmaat Van die sinkdak …. dit is winter Mis dampkring om straatligte Maak my melancholies in lank vergete gedagtes Binne luister ek toegewikkel in die donskombers Dink …. wonder oor verlore tyd Verspeelde kanse en ander kosbare belaglikhede Niemand het my ooit vertel …. Donskomberse is bedoel Vir deel […]
Grootsheid
Sagte geel sonstrale Dartelend deur ‘n groen blaredak Onbloot spikkeltjies ligstof In strelende vingers tot op jou wang Uitbundig prentjies Op jou vredevolle gelaat Ek kan net sit en kyk Want dis die oomblik Wat die wonders van die skepping een raak Hier waar jy lê en slaap En ek besef Die betekenis van grootsheid […]
Die Reis Daarna
Iewers op die stofpad van verlang Het seer die mylpale laat kwyn Bestemmingd onbereikbaar Afstand slegs ‘n konsep Doelgerigtheid verdwyn met elke stap Die einddoel slegs ‘n vae visioen Die felle son wat neerbrand Net die rigtinglose aanslof Elke dag volg net die vorige Ongenadiglik ‘n pad wat eindloos blyk Steeds geen rigtingwysers ‘n Vae […]
DONDERDAG: Leuens
Toe die duitse Rykskanselier, Otto von Bismark sterf, druk die britse tydskrif, Punch, ‘n tekening van ‘n ouere marine-offisier wat die gangplank van ‘n skip afstap, waarby alle sigbare matrose stram salueer. Die onderskrif was: ,Die loods gaan van boord.’ Hy het oral in die wêreld hoog in eer gestaan en het altwee keisers Wilhelm […]
Die PANSERSLAG
Op die vlakte, etlike honderd vierkantkilometers groot, woel die yslike kettingvoertuie die aarde om, soos die kompanies probeer om in ‘n gunstige posisie te kom. Om aan te val, om te skiet. Om veilig in beweging te bly, om nie geskiet te word nie. Die vyandelike verbande voer ‘n kompliseerde dans uit, soos versigtige swaargewig-boksers […]
Voetestamp
Voete Stamp Op sestien moes ons almal registreer Wil jy nou meer Op skool was ons nog eintlik Maar vir die weermag registreer ,was feitlik Dit was die weermag Of die tronk wat wag Almal was opgewonde Vir twee jaar was jy aan stewels gebonde Party soos ek , het dit gehaat Wat sou die […]
Selfmoord
Selfmoord Ek hunker na die dood Die enigste oplossing is selfmoord My herinneringe aan die dood op die grens Elke stukkende mens Dit was almal se wens Elkeen op die grens Om tuis te kom na ‘n lewensmaat Met elke ledemaat Sommiges is gedood Met een enkele skoot Dit was nie hul wens Elkeen op […]
Vlamme speel
In die vlammespeel Sien ek myself Droom ek drome Want sonder drome Sal ons sterf En Ek is heeltemal te jonk Om op te hou droom Of te sterf …… Die Canon Wat bulder en vibreer Soos die inrollende branders Herhinder my Aan onsterflikheid Pachelbell se nalatenskap Van die ewigheid …. © F Jansen van Vuuren
Ken jy Jouself
Laat hy wat sonder skuld is Die eerste klippe gooi ….. Kry nuwe betekenis Wanneer jy verby die selfgeregtigheid staar In die spieёl Vergeet van seer en eiewaan en Ontbloot staan voor jouself Selfregverdiging sien in jou oё Maar ook die bitter wete Dat niemand sonder skuld is Haat en liefde Is slegs ‘n penstreep […]