Jongste aktiwiteit:

Junie(Bladsy 11)

Vandag, toe vra jy my Wat dink jy as jy so vêr ry? En die antwoord was maklik Aan jou (Eintlik altyd aan jou) Wat moeiliker is Om te verwoord Is waaroor ek dink As ek aan jou dink (Dis hier waar die moeilikheid kom) Jou glimlag…. Mona Lisa vervaag By my gedagtes Aan jou […]

Soggens vroeg is die O.R. Tambo lughawe n miernes van bedrywigheid soos mense wat vlugte haal en van vlugte aankom kom en gaan. In die ontvangslokaal staan n langerige lenige bruin gebrande man met n weerbarstige kuif wat knaend oor sy oë val effens senuweeagtig rond met n groot plakkaat aan n stok met n […]

Onder ‘n groot ou akkerboom staan ‘n verlate huisie klim eensaamheid teen die houttrappe op Weemoedige trane van die reӫn spat teen gekraakte ruite kruip verlatenheid onder ‘n gesplinterde houtvloer weg Hier waai die wind deur jou oӫ dans alleenheid deur vervalle spinnerakwalle in die stof Langs die pad tussen die soetdorings staan die wag-‘n-bietjie-bos die […]

Dan, skielik kom die groot onthou in slaap na jare van verlos die bitter reuk en smaak van kruit en bloed en bos van muwwe tente seil en stof van vrees vir wag en wag en skielik breek die dag Môre skyn die son en druis en raas verkeer die groot masjien gaan aan gister […]

Dan staan ek bewend stil….. Kyk om En wag…. Dat jy moet kom Maar die deure is gesluit Die ligte af Die vensters vuil En wind waai blare oor die gras En ek onthou Lank gelede Het ek jou gesien Dartelend vol vreugde Jonk vol lewenslus Ek tik my kierie op die klippe Buig myself […]

Ek dra jou Lê jou saggies neer op spierwit linne Donker hare ‘n ragfyn waaier oor die kussing Die passie in jou voelbaar Borste styf, gepunt na bo Uitlokkend onweerstaanbaar jy Wagtend op my mond Jou lyf soepel en ontvanklik in die afwagting Op wat jy weet moet kom Wat jy begeer soos ek As […]

Jericho se mure Kon niks of niemand breek nie En tog het hulle geval soos ‘n kaartehuis Toe die tyd reg was daarvoor Dit laat my wonder Wat gaan gebeur met al my borsvestings So versigtig beplan en opgerig In tyd As een kyk Een woord Ongesproke op die regte (verkeerde) tyd My weer in […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed