VERJAARSDAGGROET 2018
VERJAARSDAGGROET 2018 Dag-ook, alle vriende, bekendes en onbekendes, ek en Dietrich wil julle alles van die beste in ons nuwe jaar wens. Mag julle seën van bo en sukses hier op aarde beleef. ☆ ✲ 🕆 ☽ ☆ Deur goeie Magte getrou en stil omgewe, behoed en getroos so wonderbaar, so wil ek hierdie dae […]
briefie
ek skryf vir jou ‘n briefie sommer op my dagboekie sulke klein blaaitjies liefde stuur ek aan jou elke dag ek lees jou liefste woorde en bid dat jy nog veilig is lewe gaan voort maar saai sonder jou daar in noorde ek skryf vir jou van liefde hier waar dood om heers kartetse ontplof […]
As die stadsliggies roep
Jy wil nie rerig terug kom nie- Terug stad toe kom nie Want al die slegte herrineringe is daar Waar jy gehoop het vir liefde daar En die stadsliggies flikker… Van vêr af kan jy sien hulle roep Die slegte herrineringe word herroep- Dit als flikker en flikker Asof hulle vir jou lag Want jy […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
Blare van my ek
Blare van my ek Die geroeste heining staan beskonke skeef soos die kronkelbaan van ‘n ou plaaspad in die lang gras van my lewensvlakte waar herinneringblomme sporadies in pienk en pers vlekke soos geverfde gedagteprente vlekke van horisonspikkels maak tussen groenblaar idees en onvergeefde droëbos sondes waar verledeskandes bruinblaar kraak, tog g –o —l —-w […]
Gedagtegras van Verlange
Gedagtegras van verlange Sylangs skeef bakhand leeg kom verlange aangerol soos ‘n veldwind gras laat totsiens wuif geruisloos soos veersagte vlerkeklap maar met koue optimisme wat net omkeer en val en v a l tot uiteindelik die belydenis aan self dat verlange net soos veldbries die gedagtegras sag sal streel sonder om enige tasbare weklikheid […]
armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]
Myself
Myself (4de skryfkompetisie) In stofwolke van breinmassa gaan soek ek na myself die stille figuur wat uit die spieëlbeeld tuur herken ek nie sy lyk bekend – die oë, hare, lippe menige male het ek haar al gesien, maar ek herken haar nie die vonkel in “die een” se oë is weg geen glimlag wat […]
Opgebeer!
Kom hie’so hie’so baba beer! ABC Bikers baadjie rooi slaapmus wit tosseltjie en al. Soos ‘n koning op sy hoek van die bed baas van die plaas. Kyk die klein beertjie hoe vrolik! Opgeruimd lag hy en glimlag breed en lag! Ogies ondeund blink! Sy is al so lank weg Boetie Beertjie sê moenie huil […]