VERASSING OP VERASSING
Uit die bloute vra Bokka: ‘Wat gaan ons doen vir jou verjaardag? Dit is after all die groot ses.’ ‘Nee, man, wat vir ’n vraag is dit dan? Ons kom nou net terug van die toer na Italië! Ons het mos ooreengekom; dis vir ons al twee se verjaarsdae. En dit het ’n kleinhuisie vol […]
2019 (Silwer)
einde se kant toe breek als stukkend raak ontskep goed vergaan sterf uit tyd tap deur sy aardse skil vrot koejawelpitte drup © Charleine Collins 18 Januarie 2018 Foto: https://www.shutterstock.com/image-photo/top-down-view-rotten-guava-psidium-1225981714?src=932eAnlM7gdtMC-vl5ZfeQ-1-4
wolke
my duin is skemer van wolke wat oor vlieg dit bedek die horison en bring stilte oorkant riviere hang die aasvoëls oor slagtings fees mag die wind red sweef my siel oor berge sien hy oorlogswolke donker sien hy bloed dorstigheid barbaarse zombie impie op my knieë staan ek sodat ek die grond kan sien […]
Dagbreek padlangs
slingerpaaie sny luierpas vry af na onder deur slierte misstremsel wat dryf soos slap melksnysels tussen heuwelwrongel en wit wei sluimerende mooi miss Muffet op n poefstoel by die rooipienk kim slurp dit gulsigsnoep half rou uit haar papskottel-kom met ‘n lou vroegdag tong vir brekfis on the go ©Charleine Collins 18 Januarie 2019 Foto: […]
LAP -Wie dalk belangstel in hierdie kompetisie
Zalman S. Davis bied in samewerking met Simone Garcia Marques (Ingrid Jonker se dogter) n digkompetisie aan: nodige info vir die digkompetisie met Simone Garcia Marques, Ingrid Jonker se dogter.Aangeheg is ‘n Word-dokument wat ingevul moet word en na lap@webmail.co.za ge-e-pos word. INFO: Alle ingediende werke moet oorspronklike werke wees. Tekste wat aan L’ Art […]
Oums se meisiekind
Narissa woon in Modderpoort – daar waar die beeste áldag wei deur die lang gras van die Vrystaat en in paadjies by haar huis verby. Hoe blou is tog haar ogies en haar haartjies fyn en blond; haar lippies alte rosig, haar wange soensag en gerond. Sy het ’n babasussie (die kleine Luandé) en wanneer […]
Vlerke
Jy sal nie, jy kan nie Wie is ons om vlerke te knip Om klopende harte te verander in klip Wie gee ons die reg om vlerke te neem Die merke wat agter gelaat word te smeer Die tipe “grootmens” ekseem te beheer Ons leer onbesoedelde gedagtes Daar is geen ander manier vir enige probleem […]
Die reisiger
die reisiger jy het aangekom vanaf nerens of was dit dalk vanaf erns my eiland en my strand het ek gedeel alles al het ek nie veel my eiland was beleër ek was magteloos want ek wou nie keer My eiland my son my maan en strand dit alles was aan die brand Donker wolke […]
Engele en vlerke
Gerrie lê op die hospitaal bed, die plafon is die paar maande sy enigste geselskap. Die kamer is effe vaaler as die vorige dag, geen blomme, geen “word beter kaartjies” nie…….. Besoektyd sit hy en verwonder hom aan die siek siele wat lewe kry, hul gesigte kry sommer kleur as hul geliefdes die kamer binne […]