Arboretum
(goud) vir jou wil ek soos ’n houthuisie wees wat in varingvelde rus in die skadu van koel bome waaraan rooiwangpere hang met duiwe in die takke wat vroeg smôrens kanonkoer vir jou wil ek soos ’n houthuisie wees aan jou doringbaai se kus met malgasse wat huis toe kom en wit mis oor die […]
ALTERNATIEWE FEITE 1
[Deel 1 van ‘n pledooi vir die opname van „die ander ou se mening” in nuusberigte, openbare verklarings, ensiklopedië en ander geskiedenistekste met die trant, „Hy het mos óók iets om te sê” of „die aangeklaagde moet óók te woord kom.”] ☾✲🕆✲☽ Sedert enige jare – mínstens sedert die verskyning van ene Donald Trump in […]
Kleingelowig?
Ek het myself nog nooit as ʼn ‘groot’ Christen gesien nie (wat dit ookal mag beteken). Dit klink soos om net ʼn bietjie swanger te wees. In my gedagtes is mens ʼn Christen of jy is nie een nie. Ek het nog nooit breë bors aan elke paar ore verkondig hoe voorbeeldig ek elke Sondag […]
Gesprek met God
ek sit op die muur om stil te word om na aan natuur te voel om die see te sien die sout op my tong te proe laat die gety oor gebeur en leef kan spoel hier waar werk toe se blou vervang is met grys die skepping het nou n beton randjie om mure […]
Sprokieloos
(goud) Sprokieloos rook en roet van vuur gaan nooit verby nie dis newels vasgevang onder hierdie sterrelose hemel waar reenboë nooit meer hang al kyk ons goed dis nêrens te vind (’n sprokie geketting in die hart van ’n kind) oë word dof en die duister verblind as ons reënboë ontbind ons volg elke nag […]
MY PIENK ROOS
MY PIENK ROOS My pienk roos so bitter mooi waardeer ek my liefling nooi met trane wat vrylik vloei wange sag en rooi vashou en haar vertroos so hartseer en tog so broos haar trane saggies kom afvee gou-gou ‘n harde drukkie gee soos ‘n pienkbos rose brand my wareliefde flamroos ‘n roos van ‘n […]
Op reis: Dag 1; Boshof
Die eerste aand was lekker. Whiskey in die voortuin … later skaapboud en rooiwyn met groente en aartappels (behalwe niemand het aartappels geëet nie want my boude raak dik daarvan). Die kuier was lekker. Gevul met geskiedenis, vandag se gebeure en voorspellings. Tussendeur maak hulle kind groot en ek gee raad. Ek hoop dit is […]
Oom Huilwa, Ta’ Brieka en die walvis
Ek gaan nou nie so ongeskik wees om te sê Oom Huilwal was lelik nie. Ek gaan maar net sê sy gesig was onnetjies. Dit het half gevoel of al die parte op sy gesig nie mooi gesit het waar hulle moes sit nie. Ek kan ook nie veel meer sê van Ta’ Brieka nie. […]
Hartseer liefde
hartseer liefde oor die algemeen huil kinders en is daar baie redes daarvoor as betowering van lewensvlinders onverwags bekoring verloor as harde houe op hul reën deur die wat hul moet liefhê waarheen verdwyn Sy seën waar is die plek waar liefde lê mishandeling misplaaste omgee “as dit seermaak weet ek het jou lief” hoe […]
Agterpraters
Agterpraters Eenmaal ongevlek vlam jou verhaal nou fletsend donkerswart geletsel kerf geeljaskind se bek jou kaal jou weggooihart versmoor in braaksel. Steeds draai ons aarde om en om en jy draai maar swygend saam die agterpraters – nou kamstig stom En ek? Ag Here – ek’t dan ook met die tong geslaan! © Barbara Smit […]