MEISIE VAN DIE NAMIB
En wat presies daarvan as ‘n prins Windhoek besoek? Wie traak nou eintlik of hy hier is en of hy by sy ouma op haar troon sit? Asof ek nou omgee waar hy is … hier of daar of waar ookal! Sy slaan agter haar lessenaar op die stoel neer en probeer die los slierte […]
Resensie: Die film, KITSFAMILIE
Resensie: Die film, KITSFAMILIE Wanneer is iemand gereed om kinders te kry? ‘n Hele paar dekades gelede het iemand beweer dat die allerbelangrikste taak in die mens se lewe deur jong mense sonder opvoeding, sonder voorbereiding aangeneem en uitgevoer word – die grootmaak van klein, hulplose kinders. Daar is ook egpare wat jarelang nie kinders […]
Op reis: Gepak
Op reis: Gepak My tas is gepak. My kosblik ook. Met ’n paar bottels wyn, crackers en grondboontjiebotter. En ’n paar perkses wat ek perongeluk op die winkel se yskasrak gesien het. Môre vat ek die pad. Dit is nie die eerste keer dat ek in my kar klim en so ver ry nie. Dit […]
Onsigbare koord van liefde
My oë dop byna om toe ek na twee skrale maande weer een van my liefling pleeg-honde sien. (Dit is nou een van daardie diere vir wie ek kos en liefde aandra terwyl sy Oubaas en Miesies elders rinkink.) Die dierasie se gesig is omtrent heeltemal spierwit grys en opmerklik baie witter as wat hy […]
Winterliefde
Winterliefde (met erkenning aan Winternag – Eugene Marais) O koud is jou liefde en kaal. My rolbos haak seer aan jou kraal. Dit is dood soos winterboomtakke en leeg soos weggooistreepsakke. Jou hart is weggooitrui verrek. In jou sagpraatstem se bekende plek maalkolk die pyn wat my in ‘n Ingrid-see in trek. O treurig hang […]
Afrika-pyn
Afrika-pyn Ons strompel deur Afrika-stowwe, ons breek, ons skend en verwond – ons geskiedenis rus swaar op ons skowwe waar ons leef op rooi Afrika-grond. Ons haat klink teen Afrika-kranse, ons vloek en ons skree en ons raas. Ons skuil agter self-opgerigte skanse, staar blind deur ‘n rassehaatwaas. Die Afrika-son skyn rooi oor Afrika-kinders, maar […]
Gebrande Rook
‘Die versekeringsmaatskappy het ons oor jou gewaarsku.’ ‘En tog is ons hier,’ antwoord ek, nie seker waarvoor hulle soek nie. Die rook vul alles; steek alles weg; wys net dele van die storie. ‘Wat is daardie reuk?’ vra die brunet en trek haar neus op terwyl sy deur die rook tuur asof sy iets kan […]
Die Gatvolsindroom
Wil Facebook al weer weet: What’s on your mind? Ek is so flippen besig dat ek al vergeet het ek HET ‘n mind!! Ek was vloere, ek kook, ek was wasgoed Ek raas omdat die skoon goed nie weg gepak word nie Ek moun oor vuil kamers Ek was skottelgoed, ek kook Ek verduidelik Wiskunde […]
SKEMERMENSE
SKEMERMENSE Bymekaarmaak-klik van wol en penne buigend krom oor kieries, versamel soos swaels voor die winter, of net na reën en kry hul koers, tydsaam haasloos Tokke-tokke, skuifel-skuifel elk na sy eie vier-muur nes, eensaam klink ‘n kreun of kug die nag daal skemersag steek viervoet voor die gange vas net af en toe ‘n […]
Vandag is my pa 60 (17 Maart 2019)
Vandag is my pa 60. Hy is oud. Ek meet dit nie in jare nie, my ouma is immers al oor 80 … nee, hy is oud van leef. Oud van stresse wat ek eers nou in hom begin raaksien. Oud van siektes en kwale. Oud van kinders en kleinkinders. Oud van staande bly en […]