‘n Nota op jou kopkussing (14)
Ek sien jou hart op die altaar lê maar voor die eerste bloed kan loop wil ek vir jou net dit kom sê: “Ek het jou lank reeds vrygekoop!” ©Anton Bosch 26/03/2019
as ek dagdroom
as ek dagdroom … my voete neem die Metro na St. Michel Notre Dame ek verloor myself in die toorwêreld van Parys hier is alles so perfek en prentjiemooi – ʼn mooi waarin jy jouself weer en weer kan verloor ek maak die Notre Dame katedraal my eerste stop die kerk met sy gotiese styl […]
Hillbrow Blues
Om die hoeke van Hillbrow huil die wind ‘n lee wiegie , ‘n weggooi kind ‘n doolhof van duiwels in walms en rook verslaaf aan die ridders wat nag lank bly spook Jou liggaam verpand en jou arms bly leeg net ‘n koorsige nag in ‘n vuil Hillbrow steeg Jou lewe verwoes vir ‘n penning […]
Bring my die ou-ou tyding
As daar nie verskillende menings bestaan nie, sou ons almal absoluut dieselfde gelyk, gedink en gedoen het. Miskien is dit waarom die mense wat modes slaafs navolg, so verveeld, vervelig en tot vervelens toe oninteressant eenders kan lyk. Dieselfde geld vir boeke en ander geskrifte. Dit is mos lekker om iemand anders se idees te […]
ALTERNATIEWE FEITE 2
ALTERNATIEWE FEITE 2 [Deel 2 van ‘n pleidooi vir die opname van „die ander ou se mening” .] ☾✲🕆✲☽ Hierdie amptelike weergawes: Ons ken dit mos uit die geskiedenisboeke. Wat die koning of vors, die eerste minister of een of ander ertsbiskop of wesier vir gunstig gehou het, is toe in sy opdrag neergeskryf – […]
BEURTKRAG
BEURTKRAG Die woede ontplof soos glas die kragreus raak nou leeg krag hardloop drasties dolleeg beurtkrag raak’n geweldige las die greep het ons lekker vas ons kan op niemand meer steun beurtkrag bring woede en verwyt astronomiese krag van tyd tot tyd waarheen gaan hierdie wêreld heen ons krag en ligte is daar geen © […]
TOE ONS DROOM FLENTERS SPAT
TOE ONS DROOM FLENTERS SPAT Emosies (VOEL, emosie, my God!) word half voltooide pyn, halfvoltooide verlossing. My woorde en gebede hang belaglik onuitgesproke in die lug. Beelde, volmaakte drome splinterruit in my gees; skeur flenters. Flenter vertoiiend iewers teen ‘n kerktoring vas. En niemand sien dit nie. Niemand voel hierdie helse eina wat deurbreek nie, […]
Sirkels
party dinge is net sonder begin of end nimmereindigend waar dit ophou het dit reeds weer begin ons stap langs die golwe sononder in bewonder die sirkel die dag wat eindig en nag wat begin n foto wys hoe mooi dis net hier wat jy weer onthou waar lankal se voel weer nuut begin en […]
Op reis: Dag2; Beaufort-Wes
Vandag was lank. Alhoewel die rit minder uitputtend was, is ek vanaand teen die teer —wou selfs al omkap toe ek in die restaurant gesit en smul het aan my lam, slaai en rooiwyn. Dit is die tweede hoofete in ’n ry wat ek ‘n gedeelte van ‘n skaap verorber … ek sal weer môre […]