Die Een Wat Eerste Gaan
As die see se deining stil raak en die branders stilweg oor die strand kom rol dan vloei herinneringe deur my soos heildronke gedrink, van skemeraande saam met jou, van drome saam gedroom oor onbekende toekoms maar die sekerheid van jou en my, van ons twee saam, het soos ons harte in ons bors geklop, […]
Die Taal
Dit is wat Afrikaans genoem was, net: Die Taal… Amper soos die eerste motorkar: Die Kar… Wat is ‘n taal? ‘n Instrument gevleg met woorde saamgestel uit ses-en-twintig letters. Net ses en twintig klein simbole maar soos ‘n blomrangskikking van die fynste korsmos kleure groei tot ‘n grootse meesterstuk onder die hand van die kunstenaar, […]
môre se leef bestaan
Bestaan môre se leef? …….. Môre se leef bestaan. die sak skaaf my wonde nog rouer bloed en etter drup toueriger en plof n stofwolk in my as wat ek herhaaldelik strooi oor my sakjas my infentaris is n bankrotskap was ek die voorwerp van Sy gramskap? VLOEK GOD EN STERF!! ego dit in my […]
Hoenders regeer
ek het n hoener sonner stertvere want justice die kat het daai vere een vir een uitgetrek dit het verwilder en raas en maatreels gekos om saamleef hier te bewerkstellig met verloop van tyd het die kolonel die posisie van hoof huisdier betrek dis nou net hier wat ouma dit nie meer kon aanskou miskien […]
Op reis: Dag 5; George (nogsteeds)
Tannie Olla is ingekleur. Haar vel is amper donkerbruin en haar hare net voor swart. Dit is nie al van Tannie Olla wat ingekleur is nie. Haar plat plattelandse Afrikaans gaan haal sy met draaie doer in die ou Kaap. Haar aksent verfraai en verfrommel met sy sêgoed in sy suiwerste mees bedoelde letterlike gebruik. […]
Binnevlug
Alleen by die huis winter somer eensaam in die donker gange vol vrees wat nagklanke herstil in die donker gange waar alles verdwyn in die donker gange met diknag kloue buite myself (met bloed op my hande en vuiste gebal) stap ek na môre stap ek verby gister stap ek ver weg deur velde vol […]
my baadjie jou jas
my stap vroegmore op die strand hou dop hoe ligte een vir een aangaan mense ontwaak hoe die dag strepie vir strepie oor die berg kom in goud skree more more hier kom die son n nuwe dag n voorreg om lig te sien terwyl jy die water en die meeue hoor die luggie is […]
Op reis: Dag 4; George (weer)
Vandag het dit nie gereën nie, maar dit was koud. Ek het laat gelê en nie gaan draf nie want dit is wat kuiers tot 03:00 en gemaklikheid aan ’n mens doen. Die dag was sommer net rustig en gemaklik met ’n middagslapie êrens na ’n vinnige ete by knus klein restaurantjie ingewerk. Nog half […]
Op reis: Dag 3; George
Gisteroggend het ek ontwaak vanuit ’n koper katel. Ek het bietjie gelê maar opgestaan toe ek die son tussen die wolke sien deurkruip. Met my tekkies aan het ek die dorp gaan verken, eers net met ’n stywe stap en toe het ek teen ’n gemaklike pas begin harloop. In dieselfde straat as die gastehuis […]
‘n Nota op jou kopkussing (15)
Sal jy my paadjie met my deel as ek jou hart vir my kom steel, en saam met my reis sonder kaart op hierdie grootse lewensvaart? © Anton Bosch 26/03/2019