Die waarde van ‘n goeie onderwyser
Gister het ’n boom in my lewe geval. ’n Groot Geelhout in die middel van ’n digte reënwoud. Die blaredak, waar sy eens die sonlig kul-kul van ons af weggehou het, is oopgeruk en hemel kyk onbeskaamd op ons neer. Harsteer wil ek gryp na bedekking wat my dalk nog kan beskerm teen die ongekende […]
SPYKERMAN
SPYKERMAN (nie vir sensitiewe siele nie, blief) …..Enne dit was tussen daai sagte, duur Satynlakens wat ek regtig-egtig (honor bright) vir Spykerman leer ken het. Daai… daai seunskindmensprinse; hulle het sommer totties gehad; maar Dick en sy satansgesante was base van klipharde, wrede monsters wat my piepiegaatjie nog kleiner gemaak het as wat totties het. […]
Pappa, rym is immer
Pappa, rym is immer Die wintersmiddag is ’n blouberg, ’n wit maan wat bo-oor alles hang. En – in ’n oopte tussen wolke – ’n teeleend, vir momente vasgevang. Dis ’n aalwyn wat oranje (herhaal, herhaal die blom in vlam) vir myle met die teerpad saam verby drie reiers en ’n dam. Hierdie groen seisoen […]
Wintersgenade
(goud) Wintersgenade Op die sestiende dag het ek my son heeldag lank vir jou laat skyn, sodat jy weer onder bome kon sit in jou klein paradys. Jy kon na my hemel staar en jou aan blomme verkyk. (My Bougainvilleas het nog nooit só pers gebloei nie.) Ek het die voëls sonder ophou laat sing […]
Die Nooientjie
Die afgelope paar dae het ek Facebook-boodskappe en e-posse gelees en verskeie gesprekke aangehoor. Aanvanklik het ek my min daaraan gesteur. Ons lewe in ‘n tyd waar verandering die norm is. Om ‘n nuwe straatnaam en ‘n nuwe dorpsnaam te sien, is alledaags en ‘n tipe aanvaarding het onbewustelik pos gevat. En toe onthou ek […]
‘N STUKKIE HEMEL-PERSENT
‘N STUKKIE HEMEL-PERSENT Ek pluk spesiaal vir jou groot emmers propvol flikkerflonker sterre. Strik dit vas met ‘n mengelmoeskleur-lint van Herogenade en liefnes. Ek stuur dit op die vlerke van ‘n forse, trotse arend om voor jou uit te dans! Om jou paaie gelyk te maak; geluk en voorspoed spesiaal vir jou as bakens soos […]
Verstote en verkluim
Terwyl ek my jaarlikse verskyning maak, raak die gemeenskap diep bekommerd dat die haweloses nie die koue van my besoek sal oorleef nie want sien, ek ontdek hulle waar hul in deurkosyne teen my koue asem skuil, onder brûe versteek lê en selfs in daklose geboue langs ʼn oop vuur saamdrom. Ai, dit is vir […]
Gly-gly so
Dit is so heerlik om weer in die Suidelike Halfrond te kuier, al is dit net vir enkele korte maande. En Somer maak dit ook nie juis makliker nie want deesdae brand hy al hoe warmer en talm al hoe langer. Sodoende word my jaarlikse kuiertjies korter en korter. Teen die tyd wat die dae […]
SOMS IN DIE MIDDEL VAN SOMTYDS
SOMMER IN DIE MIDDEL VAN SOMTYDS My wonderwerkverlossing van uit die gevangenis van die Hel…. Dis die werk van ‘n Man met ‘n spierewit, forse Arabierse reisiesperd. That Man with the Slow Fire Forever Burning in His Eyes. My Ridder op Sy wit perd; ‘my love is like a Storybookstory’ – met Sy eie, persoonlike […]