Fiets Brieke
die wind aanslag lig arm en nek hare as remme gly skeef skeef die stylte af. in kruisings vloei besige verkeer robotte flik flik reëls is geys. ń vriendelike kom kuier gou groet verander robot strate in groen sinjale.
Sondagaand
Hier sit ek weer ná nog ‘n naweek in my aangename maar oorontginde eie geselskap Môre kyk ek die nuwe week se wêreld in die oë asof ek vir hom gereed is Asof my tenk tot oorloop volgetap is met betekenisvolle saamwees van refleksie van uiting gee van vreugdes en laste deel van liefde gee […]
Kersligkuier
Die ootmoed van die middeljaaruur spog nie meer om die braaivleisvuur Voorspelbare klagtes oor die politiek los ons vir die benoude kliek Maar sug tog as die Bokke brou Waar is ons Danie Gerber nou ? Ons koester nog die romantiek die wonderwêreld van musiek die voorreg om nog te kan werk die relevansie van […]
Maandans
Die volmaan kaats goud teen ‘n nagblou hemelsfeer waarin ʼn storm broei ‘n Gemsbokkoei kalf tussen rooikoperduine waar die tsammas rank en ‘n witgat wortel skiet in die Kalahari sand Voetspore sirkel om ‘n kampvuur in die veld waar die Khoisan dans *Haikoe-Tanka-Haikoe: Maandans, (vir dankbetuiging).
Voor jou naglied taan
Bekoor my met die sekelmaan wyl jy die ou ramkietjie speel; voor jou naglied se deuntjie taan, bekoor my met die sekelmaan. Op Reënboogbaai vêr hiervandaan as jy my hart op slag wil steel; bekoor my met die sekelmaan wyl jy die ou ramkietjie speel.
Waar ons vlinders fuif
Waar ons vlinders bandeloos fuif, vlieg minute in swerms verby terwyl ons verbete baklei om die sterfuur opsy te skuif; voor dit sout in die wonde vryf wat heimwee beendiep in ons sny; waar ons vlinders bandeloos fuif, vlieg minute in swerms verby. Soos sekondes die tyd aandryf en dageinde die oorhand kry, voel ék […]
Vier Seisoene
Ek sien jou in elke seisoen jou glimlag warm soos die somer straal jou ogies met liefde daarin en elke kuiltjie diep getooi wintertye bring ‘n vreemde jy terwyl die koue oor jou gelaat lees tog wonderbaarlike weet ons die liefde is daar yskoue bring vrede saggies mee herfs dae terwyl die wind elke kleur […]
Winter-eik
Vaal staan jy daar in jou gedempte bestaan Skynbaar gevoelloos karakterloos kleurloos roerloos leweloos Kaal staan jy daar van jou sieraad gestroop Met niks om mee te spog Onaantreklik verneder verleë stom Jou somergloed net ‘n verslete herinnering Die kleurvolle misterie van die herfs net ‘n eensame nostalgie Onuitbundig onvrypostig Jou grou lote reik na […]