Gasvlam samesyn
Woorde 794 “Jy weet, ek raak moeg vir mense.” “Hoekom, wat het hulle nou weer gedoen?” “Het jy die nuwe video gesien oor die DNA?” “Jip.” “Ek kan nie glo mense val vir dit nie.” My gedagtes is nie by die gesprek nie. Die kreatiewe werksboek moet klaar, maar ek haak vas by ‘n spesifieke […]
Rooiwyn saam met jou
Sy wortels delf diep in die grond waar son en wind kasty Sy vrug deur terroir gerond ; deur hout tot kuns gebrei Sy diep-rooi kurwes tooi die glas tot ‘n kelk van stille vuur Jou vingers hou sy glorie vas berei vir hierdie uur Jou neus takseer die harmonie wat sy misterie bring Jou […]
My Gebed vir ‘n Boer
PROJEK : GEBEDEBOEK VIR BOERE Hierdie projek het ten doel om die belangrikheid van die boer te beklemtoon en terselfdertyd fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die idee van die gebedeboek moet die boodskap dra dat die inwoners van Suid-Afrika omgee vir die boere en besorg is oor hul veiligheid. Die tema vir […]
November 2020 – Samesyn projek
Beste INKers Voor ons nog werklik kan weet want ons getref het, het November vir aangebreek. Dit was ‘n jaar soos geen ander een nie; almal is inperkingsvoos, bekommerd oor hoe die toekoms daaruit gaan sien en hoe die beheervrate die saak verder gaan bestuur. Ek wil voorstel ons beweeg weg van die onaangename onderwerp […]
Gevlekte Boeke
ontbloot die ou mens vlekke stof ou gedagtes uit en af in ń warm son. bring nuwe gevoelens aan die wat min omgee vir lug en lig of verstaan.
In die broosheid van my jare
Is dit ek wat so staar asof uit die vervloë met die weerlose wysheid wat skuil in my oë ? Wil die spieël teen die muur in gebaretaal praat as die swaartekrag rem aan my lakse gelaat ? Kan die statigheid steeds met die jonkheid flankeer as die jare wegkrimp in sy gryse verweer ? […]
Die prys van stof
Sal die oggendklanke wat jy hoor jou siel so mateloos bekoor uit ‘n chalet gehuur deur ‘n agent of deur die dun wand van ‘n tent ? Word die jakkalstjank nie dalk verskraal op die grootskerm natuurkanaal ? Sal jy dit nie méér kan bewonder in die Kalahari, teen sononder ? Sal die aandete jou […]
Eerste lig
‘n Flouerige ligkol glim op die kamerdeur wat half oopstaan Die silhoeët van ‘n ou trui en ‘n drafhemp wat daaroor hang ets vaag bekende figure tot ‘n sprokiesland waar alles moontlik is Maar die nader-kruipende daglig maak die grootmens wakker onwillig maar meedoënloos Verdring die kind in my en die wonderland verflou Kan ek […]