F knoppie op die tikmasjien(silwer)
Graag wil ek jou aandag aflui vandag; voor ek begin met die f.f.f.f knoppie op die tikmasjien, en sou jy dalk my wou kapittel en my f.f.f.f.f korrigeer want o.k sonder f.f.f.f.f is nes so goed soos nat beddegoed en ‘n fokker-plank-vergelyking wat soms soos ‘n fanatikus met die f.f.f.f knoppie op die tikmasjien rond […]
Mahalat
soos die Hebreeuse wysie draal die Senekal gebeure van dag oor my duin en see elke beweging in die natuur lei altyd tot ‘n teen-beweging stadige volksmoord vind plaas iewers moet die moordenaars se borrel begin bars en knars om hul heen sal die kartetse in wrede skerwe diep sny geen onreg bly ooit ongestraf […]
Sy Plan
Ek skryf met ‘n doodgewone pen my lewe is ook doodgewoon wanneer ek rondom my kyk lyk alles ook doodgewoon Soms wens ek die lewe was soos ‘n feë verhaal waar jy die mooiste sprokies uit ‘n boek kon haal want soms is dit hartverskeurend die gewone aardse roetine bestaan Dalk vra die Here my […]
Garage Eienaar
tussen garage karre stukke yster blink van lyf, vuil en geolie roep hy op God om meer, van mense te verstaan. God, bly by karre skruwe, wassers, moere wat altyd dieselde bly, mense ratte breek.
praat
gedagtes druis oor my duin vorm stuwalle teen die golwe soos die suidewind van gister wat die golwe laat opstaan het geluide onderbreek my gedagtes maak dat my aandag verlei word versprei word oor eensame strand soos wit skuim rollers vervaag dit in die wit sand waar dit lewe voed wat onder die oppervlakte woed […]
Mat Verkope
in vêraf sand weef kopdoek vroue in fabriek meulens mat, armoede matte saam. verneuk venster banniere vertel van toemaak verkopings afgeslagte pryse en unieke area knoop metodes wat verkoop teen premuim pryse. industrieel weef almal in duisende knope aan nuwe matte om ons kaal vloere te bedek.
Die veeldoelige toiletrol
Die veeldoelige toiletrol… ‘n Toiletrol is weggesteek agter lae papier. Die uitvindsel is so oulik dat elke huis in die wêreld een iewers in hul huis het. Ryk of arm, jonk of oud, die kontrepsie word oral gebruik. Sonder dit kan dit benoude oomblikke veroorsaak veral as jy alleen is. Ek dink almal kan ‘n […]