Babbelbekkie blinkoog
Vetkryt figure versier my mure in helder reenboog kleure vars vetkoek en biltongbrode vermeng met die soet kombuis geure Koekies en kersies en kinderversies gestrooi oor die voorhuisvloer in ouma se huis is almal tuis word almal tot oormaat gevoer hier in ouma se kombuis voel die hele wereld tuis is almal in rep en […]
Mev Dominee en die ekstra kollekte – Silwer
‘Prim en propper’ dit was nou onse Mevrou Dominee. Sy was ‘n statige dame. So duskant dertig en koringblond van haar. “Kom, kom sit hier by oupa se voete lat ek julle nou vertel van die konsternasie met die kollekte.” Ons skuif almal vinnig nader. Oupa se stories het ons almal laatnag wakker gehou. Of […]
Soen
Die ouma soen wat totsiens sê se lippe is sag vol fees beloftes en volle aanvaarding. Die vreemde soen wat ken jou nie sê se lippe is higienies met afsku gevul en klein kiemme. Die eerste soen wat verbasing sê se lippe is bang sag vir onbekende en lekker seer. Die hond soen wat het […]
Graf Bottels
Gesif, gewas hoogoond gebrand tot wit warm stroom vervorm in bottels, lewens houers. Holtes gevul eens pure plesier lê nou dol leeg wat saam sing in die wind.
morelig voeltjie
grys is jou veertjies pragtig jou gesang sing jy jou vreugde verkondig jou deugde soggens was altyd stil nou lawaai voertuie vel dog jou deuntjie bly vrolik jou liedjie is gladnie olik deur die dag bly jy hoorbaar maar skaam is jy voorwaar die lens wat jou sou vang sal baie geduldig ontvang ©Teárlach
ligfraksie
die maanlig smelt saam met die digte mis vanaand die uil skreeu hy voel tuis rot se kind hardloop om die gryswit huis golwe praat bombasties misgordyn verberg alles grysbokkie sluip saggies deur geel verligte tuin proe stil aan grassies slaapkamer ruite is donker vroeg reeds doodse stilte wat heers môre is weer werksdag vir […]
‘n Seen van bo . . .
“Na ons die offergawe opgeneem het, sing ons Lied 290,” hoor sy haar geliefde wederhelfte se stem van die kansel. Instinktief neem sy haar Bybelomslag, slaan dit oop om haar kollekte geld te kry. ‘n Diep frons verskyn meteens tussen haar potlood dun wenkbroue. Daar is dan niks in die sakkie wat sy altyd haar […]
misverstand/konsepsie
ai my taal is dierbaar jammer daar is ook die baar daardie gesegdes wat uit rooi op my palet afgedwing word ©Teárlach
A NIGHT AT THE MOVIES
Gesels ‘n paar van ons vanaand by ‘n vergadering. Eintlik is ons baie ernstig, want daar is dinge wat beplan en gereël moet word. Maar nou ken jy mos ‘n klomp vroumense bymekaar – die een ding lei tot die volgende en voor jy jou kom kry, beplan jy hoeka nie meer nie. Hoe so? […]
Maria
Maria, maagd van Bethlehem was onder vroue uitgeken om die Lig te bring wyl engelkoor sing om só verlossing vas te pen