Die vrou by die hek.
Soms kan ek ons net ons lewe waardeer wanneer ons met realiteit gekonfronteer word. Engela moes dit leer deur Riekie se oë. 'n Storie van diepe dankbaarheid te midde van die swaar.
teenstellige traan
– huil stamp vir mismoedig om en mismoedig skop selfbejammering daarna stuur selfbejammering vir depressie ‘n boodskap wat snedig en suur jou dag verarm – omring jou met laggies vriendelikheid wat niks kos al huil selfbejammering sy eensame lied onder al jou smartlikhede lag verryk jou siel – ©Teárlach
Ystertenk Denke
dun staal gerippel rond die roes tenk wat uit diep grond water hou son hoog gelig in die kou. bo gewerkskaf alleen bereikbaar deur leer stelasie te klim sonder hoogte vrese bevry van laer waardes. O, om in die winter bo-op die grys grou dun staal te sit in die helder kou.
stoor
– in my loopgraaf stoor die wapen dikwels dit raak gevaarlik en ongewens jy voel blootgestel en paniekerig soos iemand wat kwaad word maar niks kan antwoord nie so stoor elke mens soms krop maar gevoelens vir latere gebruik bring spanning ongeluk en liefdeloosheid so: moet nie opgaar wat nie moeite werd is nie – […]
bewing
– veraf dreuning fyn gebeur die bewing eers sag dan erger tot tuimelend alles om jou beweeg soos in ‘n mal wêreld waarin niks meer vas kan staan nie so is ook die gebeure om vandag soos die kronkels van luislang eers saggies dan wiegend om jou toesluit tot jy versmoor in die krulle dood […]
LIEWE LIEFDE
(BRONS) liewe liefde, die dag het gekom nog altyd jou net op ’n afstand betrag miskien uit versigting, of dalk was ek dom of sal ek erken, my vrees vir jou mag? gek en bedek soos ’n dief in die nag kom jy onaangekondig en ongeleë fyn is jou lyn tussen huil en lag so […]
ylend
– somer, son en kultuur omring my duin vanoggend soos eeue voor my se boere drink ek eerste my koffie dit breek die dagbreek se egste mistigheid oop in my brein – selfs al kom die winter stadig maar seker weer aan geniet my oë en hart nog elke oomblik van sonlig wat vrylik hier […]
‘n Gevoel
Hulle sê liefde is ‘n bedryf dit het te doen met ‘n lyf, en mooi gedigte skryf om jou te pamperlang wanneer jy verlang Om die krake van eensaam, oop te bars en die lawa in jou hart te vul met stormwater wat spoel deur jou are Vasvang, invou wat stadig-stadig volmaakvol streel-sag na meer […]
TOERIS IN MY EIE LAND
Hierdie flentertjie het ek seke al tien jare gelede op wyle WOES geplaa. Miskien is dit interessant om te lees HOE VOEL mens na so Ün lang afwesenheid as jy weer huistoe kom. Ek was tweekeer in my „tuisland”: Agt jaar gelede en nou kersfees. Dis nie moontlik om alle tekste om te skryf asof […]