Alexanderbaai (BRONS)
Alexanderbaai tuis bly verwagtinge bekend maar beperk jy weet gewis dat die see soutblou is *** sou jy die uithoek van jou wêreld se grens besoek vind jy golwe wat Oranje bruis seewater sonder sout woestynvervlegde vleiland flaminke op die strand ‘n verlate diamant ©ASvdMerwe
amnestie
– om aansoek te doen en te betaal om jou eiendom aan die staat oor te gee is aan die orde van die dag – nuwe betekenis vir die woord voorheen het misdadigers daarvoor aansoek gedoen en van president met spesiale geleenthede gekry met die klem op misdaad – daagliks gaan gee dom skape swaarverdiende […]
SNEEU OP MY AKKER
SNEEU OP MY AKKER Dis natuurlik nie my akker nie; dis die akker op die grond van ons buurdorp, agter die grens tussen ons en die buurdorpie („Dorf” = gehuggie). Daar boer een van die grootste varkboere in Noord-Duitsland. Al sy trekkers en ander landboumasjiene word deur elektroniese rekenaars van ‘n satelliet uit bestuur. Ja, […]
Verdor verstar in tyd
‘n Bergwind waai woestynsand oor die kus hy waai vorentoe en agtertoe oor golwe, oor skulpies en rotse waar dit gety in die dieptes, van onopgelos Swerf deur tyd wat bepaal van elke mens se bestaan wat jy dalk nie nou sal verstaan van waarheen jy moet gaan Die gejaag wat alles vervaag ‘n geraas […]
Seisoene van die lewe (BRONS)
seisoene van die lewe sagstil uit skynbaar dooie droë dun takkies kom groen lewe te voorskyn as voorsmaak jasmynblom omskep dorheid in geur erupsie as kleure van verandering voëlsang aanhoor lente verruil haar wintersjas vir kaalarm-dans somer is vervulling van bloeisel-beloftes kleurkarnaval as son aarde oopbek soen lelies en irisse hou konsert in hemelblou wyl […]
Die wêreld in 2021
NIEMAND het die ineenstorting van 2020 sien kom nie! En ALMAL se verwagtinge – wat dit ookal sou behels – moes opnuut herrangskik en heroorweeg word. Buiten die twee wêreldoorloë, het ons al ooit op hierdie skaal so ʼn globale trauma beleef? Enige verwagting dat ons lewe rustig in sy gebaande weë sou voortbestaan asof […]
Om te hoop of nie te hoop nie
Iewers het ek gelees dat slegs 10% van ons verwagtinge ʼn werklikheid word, veral wanneer dit negatief is. In ʼn kits kan jy jouself in ʼn toestand van stres en vrees indink, en dan word dit nooit eens waar nie! Magdaleen Krüger van RSG skryf die volgende : “Ons het uitgesien na 2021 in die […]
Belangrik
Maslow piramides bou van kos na gees mense is vasgevang op eie trapmeul met vele ander mallemeules omring. alles gaan in volg orde van drang die maag, skuiling die liefde, naaste, self laaste meskien wysheid met net die eerste twee in werklikheid gegrond. kan dit wees dat mensekind met veilige, vol mae die wete het […]
persepsie
– my siel sweef weer vandag van ver oor die blou see tot hier waar my duin sy staan maak diep onderdrukte fisiese mens gedagtes wat telkens opborrel wanneer die verstand moeg raak kom haak dit aan by persepsies kleur dit die waarheid van werklike denke met skewe beelde persepsies kan vermaal in vals beelde […]