Vaarwel
saam kon ons gesels lekker koppe gestamp oor dinge wat ons nie verstaan. saam kon ons geluister na musiek sonder instrumente, stemme in stil bos sale. kon sonder tussenin geraas mekaar vertel van die groot Komponis se klank sisteem. God vra nou jy moet kom sit in sy skinder kring oor die mense orkes. af […]
rekkies
– ‘n rekkie stap oor my duin vroeg oggend luister ek na sy stem ervarings in opleiding en operasies van bosluise tot indoktrinasie lewens wyshede en begrip van gevare, vyand, wen die voorbly aksies altyd belangrikste altyd voor en paraat fiks genoeg, liggaamlik en ook geestelik rek jou rekkies nog glad of is jy plat […]
Hoop Silwer
Die son dans rooirok op die horison vee ‘n warm soen oor my lyf terwyl die wind se vingers my hare liggies kam drink ek die nuwe dag teug vir teug in dit spoel deur my moeë siel verkwik my gee my hoop vir ‘n nuwe begin – ‘n nuwe dag waarop ek so lank […]
My droom vir jou Silwer
Stofpaaie lei jou na wie weet waar jou hart verloor jy hier en daar aan die einde van die reënboog sal jy jou vreugde vind ek wens vir jou geluk my kind mag die wêreld aan jou voete lê jou toekoms oop en blink voorspoed jou saggies nader wink my lewenspad het ek geloop my […]
Ongetiteld
My skatlief, al was die afskeidneem pynlik na jou enkele heenreis deurklief’ n swerflusvoël die kleurryke lug bowe die blou see se driespelgolwe en steek sy kop onder sy vlerke in. Zebbie
Arms gevou
Arms gevou Ek kyk af in die dorwe grondpad in die rigting van die skemer son. Arms gevou oor die plaas hek wag ek weer op jou. Die ou vlenter murasie waar ons eens ontmoet het, ek onthou, het nou meer heimwee as net `n ou klip gebou. Ek ruik nog jou sag blonde hare […]
van
– van die Skepper het ons lewe ontvang opdrag om te ontwikkel en die natuur te bewaar self is ons net skepsels goed of sleg gelowig of ongelowig is ons almal tot Sy eer geskape – as skepsels is ons totaal afhanklik ons talente van Hom ontvang hoe sou ons dan Sy beeld herskryf vir […]
ONAANGERAAK
As ek vandag êrens in die Kgalagadi park tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds kon sit sommer net so platgat in die stof sou ek my vergryp aan die wonders van ons land ek sou vergeet van die Boland se berge en my Vallei vol stomp goue koringlande. Ek dink ek sou eers Sekretarisvoëls en […]
GENOOIDE GAS (goud)
Die tafel staan gedek skarlakenrooi tafeldoek met ‘n witkant oorhangsel swart kerse weerskante toonkleurige lapservette en silwer messegoed netjies langs die borde op die plekmatjies gepak gebakte skaapboud, stomende aartappels ‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte sy sit aan kyk na die muurklok vat solank ‘n slukkie wyn en wag vir die laaste maal […]