Digkuns (Triolet)
Die gediggies wat in my wese lê stol as my pen die bladsy raak asof dit hard en duidelik sê, die gediggies wat in my wese lê nie ‘n reg tot voortbestaan mag hê dis of ek onbewus daaroor waak die gediggies wat in my wese lê stol as my pen die bladsy raak. Elna […]
Verontagsaam
Met vroutjiesiebie op haar skoot “kind, die lewe is kort van duur” my gesin die virus skugtig gerysmier maskerloos die lewe in hoogty gevier hul amal is geteken na die dood.
Die lewe kom soos ‘n gedig(silwer)
Vir jou bitterbessie son, het ek die ou-osse laat kom, ‘n kleiman voor by die stang laat sit en grafsteensangers langs die pad laat sing, vir die ouvolk was dit iets ongewoon hierdie kleiman voor by die stang en nóg bitterder die rooibessieson wat skaam agter wit gordyne hang hulle kon hulself erbarm oor die […]
Wat ons glo is wat ons is (Silwer)
As kinders het ons graag wens-speletjies gespeel: ek wens ek was …; ek wens ek kon …; ek wens ek het …, ek wens …, en op talle verbeeldingsvlugte gegaan. Ons wense is meestal geïnspireer deur voorgestelde idees uit tydskrifte, waarvan ons prente uitgeknip en plakboeke van gemaak het, van mooi modelle, mooi hare, mooi […]
Gloednuut
O’ Goeie Heer, my digtershart borrel nie van kunsontwaardiging nie – weíer om my gloednuutlig onder ‘n koringmaat te verberg die verse sal nooit op my lippe sterf U, my God, onderstreep die soekprentjies in die hoeke van my digtershart gee koesterende hoop, om met welversnede pen liefde te leg met beelde in twíntíg-een-en-twíntíg sal […]
bykans
– die feite van die nag lê uitgestrek oor my duin elke hoogwater opdrifsel elke spatsel van geweld – hoogwater merke bly lê dit skuif elke dag verder nader aan die volmaan spring dit sommer op – my lewe lê soos ‘n merk hoog- en laagwater merke bykans kwart eeu van is wat die Vader […]
tweevoud
– langs die mond van die bergrivier is daar ‘n marina gebou waar daar vrolike en duur huise staan – by omtrent elke huis is daar ‘n boot van oral kom die mense hiernatoe afgetree en werkende mense kapitaal kragtig en aktief alles gaan oor water – twee gemeenskappe woon hier veldrif en die van […]
Vindicta (Silwer)
sy was sy naweek rabbedoe hy word haar dekadeketting sy móét vry verniet kan koop met geld wat hom met smeek oor millenias verbind A Fourie (Seirdna) 2020.12.01
Troudag (Silwer)
ek hou vir jou ‘n boesemblom diep hier in jou wegloopkis vol verskans teen windverlange hoopvol in haar soekerus soos rooiwyn in ‘n vaatjie lê wag blomkind hier vir jou al mooier elke wegblyjaar vir die dag wat jy kom trou A Fourie (Seirdna) 2020.12.10