Somer Son Kind
Somer Son Kind, In die son kolletjies is waar mamma jou altyd vind. Jou deurmekaar hare sit jy op die swaai, wieg in die wind. Jou liefde vir die sterre, somer en son, is vir mamma n pragstuk, onoplossende som. Jy hardloop deur die spryers en lag uit jou maag met jou rug krom. Saans […]
Die gepastheid van “G”
G is my gunsteling letter Gedigte, Gondoliere en Grasangeliere Geel, Giggel en Gesels Genoegsaam, Gelukkig en Gehoor Gemeensaam, Gannabos en Geelwortels Meestal want dis die naam wat ek liefhet God van Golgota van Gister en van Genadebrood God van Gerubs wat Gestand voor my Gaan God wat oor my Glimlag So al hou ek van […]
Vir my Sussie
PROJEK JANUARIE 2024: Jy het geveg, 3jaar, aanhoudend, swaar, sonder ophou. ’n legende van n vrou. Jyt met jou hart en geloof soveel om jou aan geraak. Terwyl jou hoop sommige dae ook kraak. Lalie, geen gekla was welkom rondom jou. Jy was die voorbeeld van positiwiteit tussen mense. Terwyl ek sien agter die deur, […]
Aan ALmal!
Dames,geliefdes, ALMAL! Wat sien jy as jy in die spieel kyk? Hoe lyk jy? Skraal, slank, lank, groter as laas jaar? Het jy vanoggend wakker geword? Ek weet daai skouer le steeds vol sorg. Maar soveel wou graag vandag, proe ruik, ervaar. Ons het wel. Los die vroeg oggend skel. Dis dalk jou laaste totsiens, […]
My Blom
Jy, my Blom is n lewende getuie. Deur die muur, breek jy deur en floreer. Almal stap net verby. Niks nuut. Nog iets om te vermy. Tot jy verby stap. Jy! Jou glimlag is die bloesiels se blare, die stam se are. Die krake het gedruk, maar soos daai blom het jy as mens deur […]
Dandelion (silwer)
Langs die sinkdam by die kannas onder die palmboom het ek my bêredroom begrawe onder sand en gras saam met dit per ongeluk ‘n onkruidsaadjie ingespit en toe die westewind die windpomp so tieng-tieng-krrrr laat draai het hoop uit ‘n klein krakie in die wal daaroor geloop maar net die perdeblom het opgekom verspot in […]
Witvlagverlang
Sou jy dink ek is ‘n dromer as ek na vrede smag as ek wens dat daar meer is wat ek sou kon vermag om die wêreld beter na te laat vir wie dit nog moet vind omdat drome nooit moet dof raak in die oë van ‘n kind? Sou jy sê ek is ‘n […]
My binneself
My binneself Ek en jy, my binneself, baklei dikstukke ek weet nie of ek kom of gaan soms los jy my in my verwarde bestaan dis dan wanneer my geliefdes dink ek het nukke. Soms sukkel ek om die kokkerot op die boot te hou nou en dan foeter hy in die water en los […]
Angara
Ek sal kan woon in jou stad met die ou klip voetpad Ek sal saammet jou kan vlieg in lugbalonne wat jy vir my stuur Langs jou pienk veldblomme kan droom oor môre Jys rêrig maar jy woon êrens in ‘n stad van drome Onsigbare entiteite wat realiteit raam Angara wat my betower Wat my […]