Jongste aktiwiteit:

Jou grootste vyand is jy, ja jy jouself!

Soms in jou noue ontkomminge
baljaar jou tekortkomminge
in die aangesig van jou vyand
en staar jou vierkantig in die oë

want wat’s die doel in verdeeldheid
as jy nie kan omsien na jou stryd
nie selfs die woorde kan uiter
wat jou ingewande doelbewus vreet

bitter trane wat vry val na stof
bewende hande en ‘n bleek vooruitsig
hoe jy hoofstukke om met jouself praat
oor die omvang van ‘n ander jou leeg laat

jou intensies soos die dou van ‘n wintersdag
wat verdamp met die eerste sonstrale sag
die vorming van genade in ‘n verlate uur
of verlatenheid wat jy om die klok verduur

selfs die besef dat jy alles agterlaat
in ‘n oomblik van impulsiwiteit en die waarheid miskyk
soos ‘n verpletterde dier die vlaktes aandurf
oor die feite uitgegrafeer staan in jou misterie

en dit jou verboureerd onaangeraak laat
en die stemme van dit wat was
jou deurgaans treiter en jy verbyster
net aanhou hardloop tot jou bene ingee

sal die wreedheid van die natuur
jou tot stilstand kan ruk
as jy vir eens en veraltyd
jou vyand in die gesig staar.

Chantelle.Holder
© 2011




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed