Daar waar vrede lê
my hart verlang
na die sonbesie-hitte
wat lui luimer
oor karoobos en klippe
na die ding-dong
van ‘n voorloopskaap
wat smag na weiding
net die beste wil opraap
my hart verlang
na wye, oop vlaktes
waar stilte en vrede
salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes
waar gesigseinder
ver oor rante strek
my hart se teer verlange
na sielsvrede kan rek
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.