Jongste aktiwiteit:

Ongetemde Sonkring

onder vlerkgeklap (‘n engel s’ n)
staar jy wanhopig
na raaisels in die spieël
opsoek na nuwe stukke
om die verweerde
brokkels van ‘n legkaart
(weereens) te maak pas

want,

deur onheil en smart
van nóg ‘n stroewe jaar
het selfs jou skadu
soek geraak
in die swart leemtes
van jou ongetemdheid
wat roekeloos
op roetes, ongekaart
bly dwaal het

toe breek ‘n nuwe dag
sonder donder of slag –
die Sonkring se krag
het jou weer nuut,
nuut én heel gemaak

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed