geboude graf
benoud vou die skag se mure my weer toe
ingesluk, alleen, vergeet en halfdood
dis stil…
in adamsgewaad gedoop, versuip in see van sonde, ek hyg na asem
nat koue sny tot die been, hierdie donker graf stink dood
skouerdiep in vrot water besmet met kadawers
te lank geslaap in eie kuil saam sondaars
genoeg…
ver fluister die wind my woord deur n vyeboomblaar
die roep na my gees en Lig wat wink ver in die tonnel
soos skille afdop verskyn waarheid voor my
n koord gevleg met hoop, genadiglik en getrou in hemel geanker
ek gryp na die tou en begin my pad uitgrou uit die buik van die put
koperkettings wat vasklou maar tevergreefs ek bestorm
die Lig…
hoe hoër op ek klouter speel dit af soos n fliek voor my
die Landbouer se oes wat ek wou ontwortel
ek sien en hoor en voel en weet vir die eerste keer
ek verstaan…
die daglig verklap die bloed van ons nuwe verbond
ou man weg gerasper hap ek na die sag soet lug van buite
en so spoeg die dier die bitter uit terug in die paradys
rou grond, oersaad, lewende water
nuwe begin…
renier du toit
25/01/2012
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.