Jongste aktiwiteit:

My Sielemaat

My Sielemaat

Vers 1:
Soos ek lê hier by jou
In jou arms toegevou
Maak die hele heelal
Nie saak vir my

Vers 2:
As jy só na my kyk
Jou asem voel in my nek
Dan weet ek maar net
Dié is my plek

Voor-Koor 1:
En ek glo
Niks kan ons vlam van liefde blus
Want daar’s ‘n hand
Wat oor ons twee is

Koor:
O, jy is my sielemaat
Ek sal jou vir niks verlaat
Jy is my sonskyn
Na al die duister

En as jy aan my raak
Weet ek ons is vir ons gemaak
Ek gee jou my lewe
Vir jou my sielemaat

Vers 3:
Dis ‘n droom bewaarheid
My engel het ek gekry
Jy maak my hele lewe
Volmaak-mooi vir my

Vers 4:
Ek voel ons siele ontmoet
Ons hartklop word een
En ek weet maar net
Ek is geseënd

Voor-Koor 2:
En ek glo
Niks kan ons vlam van liefde blus
Want daar is engele
Wat om ons twee is

Herhaal Koor

“My Sielemaat” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel op die “Skadu’s Van My Hart” album in 2012 en is ook beskikbaar op alle goeie digitale platforms
Kyk gerus na die musiekvideo op YouTube:




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed