Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesVerhale – Algemeen(Bladsy 4)

Die son se oog maak pêrel-pienk sy verskyning oor die hoë rooi duine van die Kalahariwoestyn en begin al hoër en hoër in die wolklose blou hemelruim opklim. Die jong Boesmanseun, Kuri, maak sy oë oop en met ’n groot gaap staan hy opgewonde van sy karos af op en hardloop na buite. Dit is […]

Lank, lank gelede, toe die wêreld nog jonk was en die sand van die Kalahari nog nie die voetspore van die mense geken het nie, het die nagte nie altyd donker gevoel nie. Hoog bo aan die die hemel het vier helder sterre soos ’n heilige teken gebrand. Daardie sterre is die Suiderkruis. Dit was […]

Hoe lees die ou Boesmangesegde nou weer? “Wie kaalvoet loop, hoor die grond se gebed. Die stilte hou die woorde wat geen mens kan skryf nie en ’n kaalvoet trap spore wat die wind nie kan uitvee nie … ” Binne die Boesman-denke is die taal wat kaalvoet praat nie vasgevang in ink op papier […]

In die Kalahari, waar die wind stories oor die duine fluister en die sterre soos skitterende vuurvliegies aan die pikswart fluweel-karos van die naghemel hang, sit Pieter langs sy ou Boesmanvriend, Buks Appelblaar. Buks se gesig blink soos gelooide leer in die maanlig, en die vlamme van die vuur dans in sy oë. “Hoor jy […]

Murmerasie Oor Rooisand het die stilte een Woensdag soos ’n donderstorm neergedaal. Niks van die sagte, bekende stilte van ’n Sondag na kerk nie, maar ’n oorverdowende, onnatuurlike leegte wat die lug verswelg! Die kerkklok, altyd ’n baken van orde, het verstom bly hang, sy tong gestol. Die trein het verbygedreun, maar sonder ’n fluit. […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed