Die tinktinkie op my voorstoep Goud
Die tinktinkie op my voorstoep Hoekom ma. Ek was nog kind. Sestig was toe stokoud ma. Hoekom toe ek jou die nodigste gehad het? Die kinderlike onskuld van n klein dogtertjie. ” Liewe Jesus asseblief, laat ek darm net 40 word en my mamma 60… dan is ons oud, dan kan jy haar maar vat”. […]
Leë arms met vol hart.
Ek was skaars agtien toe ek Kobus ontmoet het – op daardie groot, vakansieboot waar almal te veel vryheid gehad het. My ma sou my nek omdraai as sy geweet het ek drink. By ons huis was drank die duiwel homself, en ek het dit gevrees… tot die eerste pienk mengeldrankie my soos ’n warm […]
“ Hier is my hart, jy kan dit sien. Ek kom sonder skadu’s.”
Die son se oog maak pêrel-pienk sy verskyning oor die hoë rooi duine van die Kalahariwoestyn en begin al hoër en hoër in die wolklose blou hemelruim opklim. Die jong Boesmanseun, Kuri, maak sy oë oop en met ’n groot gaap staan hy opgewonde van sy karos af op en hardloop na buite. Dit is […]
Naka-Kuru ― Die Vier wat Kyk (’n Kosmologiese mite oor die Suiderkruis, van die Boesmans in die Kalahari)
Lank, lank gelede, toe die wêreld nog jonk was en die sand van die Kalahari nog nie die voetspore van die mense geken het nie, het die nagte nie altyd donker gevoel nie. Hoog bo aan die die hemel het vier helder sterre soos ’n heilige teken gebrand. Daardie sterre is die Suiderkruis. Dit was […]
Petrichor geliefde, gehate reuk van reën – (Silwer)
Die wolke toon belofte. Ek maak my oë toe en asem die reuk van hemel op aarde behaaglik in. Dit kom nestel in alle holtes, verslawend, die reuk van reën. Die geplof van die eerste druppels op die omgeploegde land polka in my hart. Dit voer my terug na my finale jaar op universiteit… “Bokka, […]
Die Losieshuis
“Antie Bets van die losieshuis”, is wat almal in die dorp haar genoem het. Die mense het haar so in haar middel veertigs geskat, want die bolla op haar kop het al hier en daar grys lyne gewys. Sy het saggeaard voorgekom, maar jy sou gou agterkom sy is nie jou speelmaatjie nie! Sy is […]
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT -’n Verhaal oor die woorde wat nie geskryf kan word nie –
Hoe lees die ou Boesmangesegde nou weer? “Wie kaalvoet loop, hoor die grond se gebed. Die stilte hou die woorde wat geen mens kan skryf nie en ’n kaalvoet trap spore wat die wind nie kan uitvee nie … ” Binne die Boesman-denke is die taal wat kaalvoet praat nie vasgevang in ink op papier […]
“DIE AARDE HET GELUISTER – DIE MAANVROU HET HAAR TRANE GEGEE.”
In die Kalahari, waar die wind stories oor die duine fluister en die sterre soos skitterende vuurvliegies aan die pikswart fluweel-karos van die naghemel hang, sit Pieter langs sy ou Boesmanvriend, Buks Appelblaar. Buks se gesig blink soos gelooide leer in die maanlig, en die vlamme van die vuur dans in sy oë. “Hoor jy […]
Juandre
Juandre (Brons) 1330 woorde Juandre pak die laaste paar stukkies van sy aardse besittings in ‘n tas wat hy by die kinderhuis gekry het. Ook die toksak het hy by die kinderhuis gekry. Dan plaas hy al sy bagasie op sy bed voor hy al die kantoorpersoneel wat hy die afgelope ses jaar baie goed […]
Murmerasie
Murmerasie Oor Rooisand het die stilte een Woensdag soos ’n donderstorm neergedaal. Niks van die sagte, bekende stilte van ’n Sondag na kerk nie, maar ’n oorverdowende, onnatuurlike leegte wat die lug verswelg! Die kerkklok, altyd ’n baken van orde, het verstom bly hang, sy tong gestol. Die trein het verbygedreun, maar sonder ’n fluit. […]