Blomme oseaan
In jou arms word ek stil wakker soos ‘n aandblom weerloos wagtend in ‘n stille bestaan Flikker en vlam van helder tot flou bo span die hemel agter wolke in blou Om te mag droom om te mag wens ek het gedink jy het geweet maar hoe kon jy so gou vergeet
Ek is hier, vir altyd …
wanneer woorde soos bliksems om jou val wanneer die lewe voel soos ‘n donker dal wanneer jy twyfel, en is spyt weet dan ek is hier, nou en vir altyd wanneer die dade van ouds jou seermaak wanneer gebeure van lank gelede jou hart raak wanneer verwyte jou siel uitbuit weet dan ek is hier, […]
KOSMOS
KOSMOS Die weelde in jou arms oorweldig my – oorvloedig, soos jou minsaamheid. Dis kosmos – lenteblomme in die herfs. Jy is vir my ‘n kosmosblom. In die winter van my eensaamheid word jy na my gestuur.
SOMER OP BLOUKOP
SOMER OP BLOUKOP hoe broosroos die oggend hoe uitbundiggroen die middag hoe tevredeblou die aand
BLOM VAN DIE VELD
BLOM VAN DIE VELD O blommetjie vol eenvoud, sê my tog: Hoe is dit moontlik dat jy my so bly kan maak? ‘n Voëltjie wip kordaat hier op ‘n klip: Weet jy dan nie? Verstaan jy nie? Dis omdat God in haar gesien kan word.
Iemand soos jy
Jou woorde ruk my rustig Jou gedagtes hok my vry Ek kyk bang vir jou, verlief Ek wag opgewonde vir die seer Jy is jy Lieflike onrus En ek, wel, ek soek myself nog
Sinker
As jy my vergeet – Onthou net wat die seer jou geleer het Anders was ons vir niks
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite – die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate – die teer en die beton – tot waar die son skyn […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou sit […]