EK WIL JOU VASHOU
EK WIL JOU VASHOU Ek wil jou vashou teen my hart, die hartseer uit jou oë vee. Sal my verstaan vertroosting vir jou wees? Ek wil jou vashou teen my hart, die koue uit jou siel verdryf. Maar sal my warmte jou verwarming wees? O Here, hou hom teen u hart. Verdryf die pyn en […]
PYN
PYN Swart die nag en swarter pyn. Dis jare al wat jy so ly. Waar is genesing? Waar versagting vir die pyn? By Een wat ook moes ly. Hy weet van jou en my.
Hier staan ek nou
Ek is bang om my hand uit te steek Wat as jy hom nie vat nie Wat as ek vasgevang word in iets Wat net ‘n droom gaan bly Hier staan ek nou, hand uit gesteek Dit is omdat jou oë dit regkry om my op teen die aarde vas te druk en op dieselfde […]
VERLIEF OP DIE LEWE
Ek raak vanoggend weer verlief op die lewe toe die bewakers van die somer die wintersdag toelaat om sy skatkis oop te maak en die baba kranse van die Suider-Drakensberg se wange met goud te tooi Stoei gevegte met goud-rooi gewade en baniere hardloop hand aan hand oor die skurwe geknakte kranse van die Drakensberge […]
Die Tou
Die Tou Die tou is ‘n blote gebruiksartikel van teregstellings tot redding— Dit was strop om die nek vir halsmisdaad en tou om die nek om ‘n dier te lei en is ‘n teken van mak onderdanigheid— Reddingstoue word letterlik en figuurlik uitgegooi om lewens en sake ondernemings van ondergang te red, toutjies trek vir […]
Stof alleen
Stukkies van ons oorsprong Hang dik in die lug Terwyl ons onsself probeer flous met maskers Soos ons in stukke van onsself verstik Asem ons mekaar in… Veels te gemaklik, as jy my vra Ons hang ons op in doringbome Glimlag asof dit normaal is Reëndans in stof, drooggelukkig Snye van liefde met ‘n nasmaak […]
Gister is verby …
As ek my tyd sou kon terugdraai, sal dit na gister wees. Na die dag toe ek jou permanent myne maak, tot die dood ons skei! Hoekom sal ek wil wees, vry? As ek myself dan net heeltyd kan verkyk, na die mooi in jou oë, en hoe kry jy die dan reg om na […]
….My Hart Verlang Na Jou….
Jou pragtige glimlag het soos mis onder die son verdwyn, en my hart is so seer soos ‘n beer se poot. Ek wens dit was anders, ek sal alles verander om by jou te wees, ons weer mekaar se gedagtes kan lees. Maar waar jy nou is, is saam met hom, weet jy nie wat […]
SEER VAN VERLANGE…
Verlang ek weer na jou – word dit die storie van my lewe. Die mense wat seergemaak is – wonder ek hoeveel het my vergewe. Het ek dit bedoel, as ek net met die wêreld wou deel hoe ek oor jou voel? Sien ek weer jou mooi glimlag voor my oë, ja in my gedagtes […]
ONTREDDERD
ONTREDDERD Ek sien jou staan: Ontredderd, naak. Jy laat my sien die felheid van jou pyn. Versigtig raak ek aan die wond. Jy krimp ineen – en ek onttrek my weer. Maar jy kom terug. Ja, weer en weer behandel ons die wond. Genesing bly net uit – die pyn vergroot. Die mes sny diep; […]