LAAT MY WEGKYK
LAAT MY WEGKYK Laat my wegkyk van my pyn – o laat my dié van ander sien. En laat my nie meer vra getroos te word – laat mý vertrooster wees. Ja, laat my nie meer vra na een met warm hart – laat mý warmhartig wees. O laat my nie meer vra na een […]
TRANE
TRANE U hou my trane in u kruik u vrede is die kruik die trane die kan nie na buite breek
WIE PA?
Wie gaan ons nou teer kom nagsoen noudat ons ma weg is pa wie gaan soggens vir ons ‘n papbord reg hê om ons magies vol te maak wie gaan nou met ‘n grootmensfrons by ons kamerdeur kom staan en wie sal nou kom instaan pa miskien ‘n tweede ma…?
WIE SAL VRA?
Wie sal na jou vra as stof tot stof en as tot as sy tolgeld vra en jy die prys betaal ? Miskien die wind wat soos ‘n kind plesiertjies in die stoffies om jou voete vind ? Miskien die reën met ruimte in sy hangmat vingers wat saamsmelt met die bitter afskeid van die […]
Nuwe Lewensjaar
Nuwe Lewensjaar Ek droom my toekomsdrome laataand voor die kaggelvuur wyl vlammetonge vuurdans en lug lek— Kom Happiness, kom ons gooi die dice, skommel die kaarte, gooi die dolosse, laat lees die handpalms en vra wat hou die nuwe lewensjaar in en wat sê die geluksgodin— Ek vra vir gesondheid, en om steeds te kan […]
ENGEL VROU
OPGEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETEHUIS (NOU IN VADER SE HUIS) Engel vrou, Jou sagtheid En jou liefde In vergetenheid Bring heelheid In gebrokenheid. Jou omgee hande Wat kombers omvou Oor oue, stywe lyf, is God se liefdeshand oor ouemens in eensaamland. Jou oë is liefdes poele van Gods gena. Ja, jy is sy […]
OUE MENS VERGETE MENS
OPGEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETHUIS. Oue mens, vergete mens, jy’s Weg gebêre tussen veilig mure. Opgesluit in gans vergetenheid. Hoe word ek tog weer mooi? Vra jy. Die plooie het verdrink In sorge en verlatenheid. Sal jy my help Om mooi te lyk? Sien jy my raak? Verweerde liggaam In ‘n rolstoel: Net een […]
DOELLOOS OM EN OM
OP GEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETEHUIS. Om en om. Dieselfde pad. Sonder begrip. Sonder verstand. Doelloos om en om. Hoe was jou lewe, mensekind met geen verstand? In watter boek Sal ek jou storie vind? Was daar vreugde? Was daar begrip? Het kinderlaggies Vreugde wel gebring? Het hul voete gate In jou hart getrap? […]
EENSAME ALEEN MENS
OP GEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETEHUIS Eensame alleen mens. Weggebêre en vergeet. Waar is jou kinders heen? In droomwêreld Vlug jy terug na kinder pret, Na liefdes tyd van jongmens-wees. Weet jy dat jou helpende hande van God se liefde getuig. Jy ís baie spesiaal vir Hom! Word wakker, jy wat slaap. Hy is […]
AFRIKAANS, MY TAAL
AFRIKAANS ek lag in afrikaans ek huil in afrikaans ek glo in afrikaans