JESUS GENEES
JESUS GENEES Het jy iewers seer? Gaan nou na Jesus – Hy genees. Gaan in die Gees terug na daardie pyn-ervaring toe, jou hand in God se hand. Gaan staan weer daar. Ervaar dit weer soos wat dit was…. Jy sal die stem van Jesus hoor: My kind, Ek is by jou. Ek wil jou […]
ENGEL(S)
ENGEL(S) My oupa sê daar’s engels in die hemel. Hoe sal ek kan regkom daar? Want ek kan glad nie Engels praat!
Totsiens is nooit verniet ..
Ek het jou vriendskap verloor, ek mis ons lag tye saam. Dit voel of die wêreld om my vergaan, want my beste vriendin is nie meer hier nie, dit voel ek het alles opgemors, deur so baie goed het jy saam my gestaan, maar, liefste vriendin, ek sal jou nooit uit my hart uit skors. […]
My nommer een
Swaar tye het ons al oorheers, en ons het daar deurgekom ons het mekaar gedra, sonder enige onnodige vrae, ons liefde is te veel om op te som. Ek sien jou liefde raak elke dag, al sê ek dit nie genoeg nie. Ek is mal daaroor as ons saam lag, ek weet daar sal wel […]
Vader en die Karoo
Soms, baie, mis ek die stad, dan voel dit net of ek die pad kan vat. Maar dan is dit die skoonheid van die Karoo, wat my hier hou, wat my net weer laat glo. Aan Vader se pragtige hande werk, dan weet ek Hy kan soveel meer doen, ook prag bring in elkeen se […]
Toegevoegde Waarde
Toegevoegde Waarde Oud word is bloot ‘n fisiese beslommernis— Die enigste bekommernis is dalk wakkerlê wat nagrus ontsê, maar elke jaar se leed en vreugde opgegaar het in toegevoegde waarde gegroei met immergroen bloei tot ‘n kennisryke en rype skat vasgevang in ewige jeug van verwonderde vreug oor elke dag se vrag van kleur, klank […]
DOODLOOPSTRAAT
DOODLOOPSTRAAT Here, hierdie is ‘n doodloopstraat. Daar is geen uitkomkans na links of regs. Ek loop my vas teen U. My aangesig verberg ek teen u bors. U arms vou my toe. U warmte vloei deur my. Die koue en die pyn vlug weg. En wanneer ek uiteind’lik weer my kop kan lig, dan weet […]
SKERWE
SKERWE daar’s skerwe aan jou voet en trane in jou oë jou kosbaarste het uit jou hand geglip jy tel die skerwe op en neem dit na die Heer jy kom tot rus in Hom
Stilte van donkerblou
My liefde spat goudgeel vreugdes teen ‘n wit doek se klots-klap branders vas Skemeraand sluip sag in purperpers en bessie-rooi waar jou hart se pols’klop stil gaan staan in die koepel’krul van die maan En wanneer stilte spikkels van goud oor die donker strooi skyn ‘n nuwe seisoen ligblou Waar jou sag-sug-slaap in die trom-trompet […]