‘n Soort afskeid
Die laaste oggend is ‘n hemel wat kleur bo berg en velde kry wyl skadu’s nog in klowe en – kol-kol – tussen struik en pol gedy. Dis soet warm koffie en karringmelkbeskuit ysige vingers en palms wat – bakhand – om ‘n beker sluit. Dis ‘n blou kombers op koue banksement en die breek […]
Winter maak my koud alleen
As die ysdrup uit my sinkdak lek en die koue styf my spiere trek dan verlang ek na jou warmer land wat keersy is van my koue kant
Afrikaans – beminde taal
Van kindsbeen af vul jy my hart. Dit vloei uit my mond en kielie Afrikaanse oor, wat skaterlag uit hul maag, vir snaakse grap – net in Afrikaans. Jou troos woorde is soete heuning wat vrede bring. Diep in my hart, het jy spore getrap. Met jou in my mond fluister ek liefdes woorde, in […]
Nes die Kameeldoring
As soetdoringgom sawends die nag-apies voed en die dagbreekson rooi op die bergalwyn gloed; as tarentale hoog in pop’lierbosse skuil om voordag versugtig hierdie slaapplek te ruil vir die honger wat uitdryf vir soeke en skrop na sade en goggas vir die krampende krop, toring jy, takke wydstrekkend en grof gebas as stille getuie oor […]
Alles of niks
warm is my huis se glimlag wanneer jy vol berou indraf getrou sal ek jou storie volg aanbiddend my klein rol vertolk en wanneer jy weer weg is, móét ek wonder of jy hiermee groet my vrese sal ek vir jou verloën kwellinkies toor jy weg met ‘n soen ‘n rooi roos, ‘n takkie jasmyn […]
‘n halwe bottel
Wyn wyn bottel botteltjie brandewyn dop -en dam ek sien jou nou bottel brandewyn sien -jou gou-gou sien -jou nou-nou drink drinker broer drink dronkverdriet _ die bottel is al half die bottel -is amper die bottel gaan kalf kop draai -en draai lyfswaai -en lawaai dit maak -my- naar skink die laaste dop _ […]
Dagbreek
Dagbeek Die voëltjies wat spotlag en sing in hul taal Weerklank en rugry in die oggendfris lug Kondig hul af van ʼn nuwe dag wat blink Die ys bal maan wat aan die hemel hang Word nou sag gegroet in die glim van ʼn sonnetraal So dink en droom ek voor die venster oor jou […]
Veins
Veins Ons is soms sommer net hartseer sommer net baie bedroef en soos die hrlekyn veins ons maar die glimlag en poseer soos ‘n model voor al die oë wat nes kameralense op jou gesig gerig is en verberg die rou hartseer diep, diep binne jou hart vanwaar dit soms so onverhoeds opborrel soos uit […]
Bedroefde Vrou
Bedroefde Vrou Is daar dalk ʼn verstote vrou Baie bedroefd en vol berou Sweef jy rond in ʼn donker gang Met duisternis wat om jou hang Met n verdrukker om jou rond Loop jy met jou kop in die grond Stel jy jou lewe aan die kaak Het vrolikheid jou nou verlaat Maar God sê: […]