Verby die dal van stilte
Ek tuur oor die horison, kyk verby die lyn wat skei tussen wat ek weet en wat verby moet gly… Ek tuit my oor om beter te hoor en slegs hol eggo’s weerklink dit sak af en begin insink verby die dal waar stilte rus Dit spoel verder as die groene velde na waar weiding […]
Pa, soms onthou ek nog . . .
As die noordweswind so winterkoud waai dan sien ek weer hoe sit jy by die kers met die groot boek, wat rustig op jou skoot lê en hoor ek weer jou stem se klank in vers. Pa, soms sien ek daardie ruiter met die afkop op sy skimmelperd so reguit uit die hel en vlug […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]
Steenkooltrein (oktaaf)
Die Ou Steenkooltrein Ek onthou die amegtige asmatiese steenkooltrein op ysterspore se klikkeklak klikkeklak wielrefrein en die lokomotief wat tjoek tjoek die stasieterrein nader en met luide trompetter en ouwêreldse grasie inry— Dan word sissende eers stoom afgeblaas in ‘n walmsprei soos ‘n duisend seroete se rookwolke dan galmskrei die wegtrek sirenegefluit stiptelik op tyd […]
‘n Gevriesde traan
in die trietsigheid van hierdie wintersdag gluur die wolke grou verby die gebleikte son, verander die asem van ‘n ysige wind die biesiepol tot gestorwe saffraan en treur die dam – ‘n gevriesde traan © Anzé Bezuidenhout
Wat word van Afrikaans
Verskuild rus jy in Sarie Marais wat ver is en jodel as jy die wandelpad stap wanneer jy moeg word vir die stad Soms toer jy na die ou Kalahari op die rug van ‘n blink vosperd as jou woorde Suikerbos-soet stroop Die koffie in die kan wag op ou Jan as Pierrewiet sy deuntjie […]
Die alfabet is kleurloos
Bepaal velkleur jou taal of hoe jy in Afrikaans spel, en kies dit die woorde se letters wat haat of liefde uitdruk? Jou moedertaal is dit wat jy koester. Die taal waarin jou moeder jou roep en aan die slaap sing of sus wat jou laat voel jy behoort waar jy is. Die alfabet is […]
Bloedrivier
Bloedrivier die slag wat in herhaling lag omdat ons dit aanhou veg. Wat is verkeerd? Wat is reg? Elk dink langs sy eie weg. Opinies Denkwyses Riglyne Strewes Bloedrivier trek weer laer, want ‘een’ volk kan steeds nie saamskaar. Wat is verkeerd? Wat is reg? Elk dink langs sy eie weg. Verwyte Verkeerde besluite Ontoegeeflikheid […]