Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesGedigte(Bladsy 1043)

soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]

Verleidelik, Ontwykend Jou lippe is ‘n rosemond aanloklik, verleidelik met ‘n ontwykende meermin glimlag veilig onbereikbaar op ‘n ruwe Loreleirots wat matrose doodsveragtend lok na skeepswrakke se watergraf— Jou glimlag is so misleidend en jou lippe bied geen warme kus, ‘n rosemond aanloklik, verleidelik maar koud ontwykend alleen op jou rots— Janetta – Helena [Babs] […]

Heimwee huiwer om my mondhoeke want my gedagtes vroetel rond waar woorde kielie. My hart glimlag stiller, stil by onthou van die kriewelgogga wat jou gekrap het, toe ander te diep kyk. Kinderlik jou ooglid se pluk, toe jou hart skrik by die besef geluk…ruk skielik weg.

Diepseeblou Oë-see Hy kyk in haar oë en raak kompasloos en reddeloos verlore in die mooiste aanloklikste diepseeblou oë-see met ‘n boodskap so geheimnisvol en onpeilbaar wat verborge skakeer tussen viooltjieblou en turkoois en onder ‘n vraende ondersoekende blik ontwykend terugdeins en wegsink in onbekende ongekarteerde oë kelders om daar agter versluierde wimpers haar geheimenisse […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed