Praat met my
Ek vra – roep uit, ek soek na jou! Ek is verewig en altyd met jou! Is die belofte ooit die waarheid of is dit net wensdenkery? Dit was van korte duur, o so kort, jou liefde het geblom, jy was vry ‘n vlinder wat in die wind sweef. Waar het jy heen verdwyn? Het […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]
HOE DURF JY
hoe durf jy aandlantern doof en krioelende massas van maanlig beroof om ons eie liefde op te kikker suinig inhalig met maanligflikker hoe durf jy natuur se prag loop steel al die uieke blomspesies in rooi, ligpers, wit en geel sodat ons al die geure diep salig inteug en neuse stuifmeelverf soos in ons wilde […]
Kom Westewind, Kom Oostewind
Kom Westewind, Kom Oostewind Dis reeds laataand en die troostelose wind waai nog steeds rondomtalie om en om die huis, dit suis deur die bome en o, ek gooi sommer hierdie hartkamers van my wawyd oop en nooi hulle kom waai maar deur en neem jul beurt o noordweste reënwind en droë oostewind — Kom […]
Gister se as-spore
brandend lek dit pit van jou hart se lig in felle kompetisie met die sterglans wat flikvlooi dans met die sneeuvlok vallend deur die lug voltooi so die sirkel van ‘n halwe maan skets die klippe van die kaggel jou innige diensbaarheid in eelte van diepe omgee brand die knetter-vuur van jou liefdeswoorde dieper as […]
Rasperspore
deur ontelbare spasies lê die rasperspoor van onthou tussen geraamte stasies wat stil in gedagtes oopvou kniediep deur lawa-vure gekruip wat jou kool-verskroei tot daar waar jy versuip en voel jy kan nie meer bloei bitter, sout en pekel dae waar jy soos Lot’s vrou versteen onder koue woordslae wat sny tot op die been […]
Hier lê Genade
Waar ek na jou naak barheid staar sonder enkel druppel reën wat val huisves jy reptiel en menig’ plant wat jy tog uit droë woestynstof moes baar As miskombers karos oor jou piek besef opnuut dat Skepperhand se bergengele vrylik hier waak want aanskou elk boom, plant, rotswand uniek Soos vader son se goudstraal kwas […]
My Prentjie
kom ek teken vir jou ‘n woordprentjie ek sal eers my hart tussen die wolke moet gaan sit dit is daar waar hy die beste praat ek sal dalk eers op my knieë moet sit en vir ‘n beter uitsig bid my prentjie gaan dalk so krap-krap wees jy laat my onderste-bo my prentjie is […]
My konstant
My konstant Jy hang in die agtergrond van my lewe onveranderlik en steeds teenwoordig want jy laat my nooit alleen. Jy verwarm my gemoed en jaag my liggaams temperatuur volstoom die hoogtes in. Jy is my konstant wat my hart laat warm voel en my siel laat opkyk. Getrou groet jy my elke dag en […]