Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe omring van my woorde op die verbleikte papier die blou ink is gesmeer trane vlek al droog dit op daar is dinge in die lewe wat jy net moet verduur soos mense wat stink en mense wat dink hulle is perfek daar is ander harte ook gebreek ek weet die storie word al […]
Strandlopertjie
tussen gebreekte tinsel wat oor seestrand spoel en ‘n gekraakte bloedrooi bal wat aan die horison hang het ‘k as verlore afvlerkstrandlopertjie oor korrelklip en fyn gebreekte skulp gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap hier het ek my sielsvrede in die ritme van jou hartklop kom vind waar jou liefhê oor my dartel […]
Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes waar geen son of ster of maan ooit weer die duister sal verlig nie dig nog net haar sagbruin oë stil – deur glas en stof – sy naam © C. Shaw 16 Februarie
Ek sou jou kon liefhê
Ek sou jou kon liefhê Ek sou jou kon liefhê was jou voetspore witter en die dou op jou hande het nie bloedrooi geskitter Ek sou jou kon liefhê was jou woord maar jou eer nou sweef dit dof, doelloos tussen alma mater leuens in die ver buitenste sfeer Ek sou jou kon liefhê was […]
Jy het nie huis toe gekom …
verlate sit ek vanaand met my voete in die sand die branders hou my geselskap ‘n seester in my hand in die verte brand die liggies van ‘n deinende tjokkaboot van hier so klein en amper fyn mens sou nie sê dis 6-man groot deur my vingers loop korrels sand soos die tyd deur ‘n […]
LAASTE LAG
‘n Slot wat knars ‘n skoot wat bars ‘n halfmas vlag en laaste lag die dood ‘n Reënboog rank ‘n leë bed ‘n ope graf en laaste lag die dood ‘n Leë krip ‘n oes verbrand ‘n man word groot en laaste lag die dood
Sterre hang nie net in die donker hemel nie
ek stap laatdag oor ‘n Weskus-strand oor ontelbaar klein klein korreltjies sand en ek voel die grofheid van die skulpgruis (hoe dit skuur en krap) oral waar ek kaalvoet trap en ek hoor die dofluid dreuning (dis die breking van die branders) en die donderende !klap! van water teen ‘n rots ek proe die […]
TYD
Sand dros uit die gebreukte uurglas sluipvoet uit en vorm strepe korrels op my lewens padkaart terwyl die dou dans in die nag se kammagat gedagtes Die uurglas verstik verstop en kielie tyd om aan te stap gejaag deur die son se voorslag Die son kom bloei sy goue gulde op my voorstoep uit en […]
laaste ster
ek wil verse vir jou skryf in die stil leeskamers van my hart waar my gees ontwaak en elke woord weeg wyl jy vurend teen my leun en luister na die noot van troebadoerwoorde oor jou wat my gedagtes bepaal die wind wat my seile draai kom stort jouself oor my salf my uit die […]
‘n baie koel Februarie
van nou af oor ‘n maand teen hierdie tyd van die aand sal dit skemer wees . . . ek weet die son sal nog effe agter Tagelberg gloei en ek sal verstom wees oor die kleur van ‘n hemel wat so bloedloos kan bloei die populiere se blare sal nouliks nog hang en […]