Die stilte
hier hang ‘n duisend vyfuur-in-die-oggend sterre in die lug die maan is aan die kwyn die nag . . . lê op sy rug die stilte van die môre vee soos dood hier oor my werf en in hierdie oomblik weet ek . . . swye’s die gereedskap wat die liefde moet laat sterf C. […]
Drome is bedrog …
as drome waar was, was jy nou hier by my en sou ek my teen jou bors kon vly as drome waar was het my oë geblink en sou my gedagtes vonkelwyn skink as drome waar was, was my hart nie seer en sou ek nie kon wag vir volgende keer as drome waar was, […]
O, Om Net Te Kan Sien
O, Om Net Te Kan Sien — Die wonder van sien is om onafhanklik te kan loop waar jy wil sonder menslike hulp of gidshond en om alles normaal te kan lees sonder die moeilike braileskrif vir niesiendes en om almal se gesigte en uitdrukkings te kan sien wat trefkrag aan hul woorde gee— O, […]
Jy Is Myne
Jy Is Myne Ek het jou dadelik herken en geweet jy is myne, en ek het my geroeste hartkamers geolie en die deure geluidloos oopgeswaai dat jy kan inkom—– Van iewers af het jy en die liefde vlindersag, byna ongemerk sonder trompetgeskal arriveer in my lewe as die mooiste en blinkste ster aan my hart […]
Skeepswrak Transformasie
Tussen erosie roes metaalskerf van eens reuse, trots vegskip – het haar verlange vasgekleef tussen vaal seewier en koraal, was haar drome vasgeweef In die oopbek splinter skatkis tussen edelsteen en munte – het toeka se skitter pêrels aan flenterstring goudketting leweloos, net daar gehang Soos verweerde skeepsanker begrawe in soutsee sand – is haar […]
Die Hemel Weet Hoe Lief Ek Is Vir Jou II
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die Hemel weet hoe lif ek jou het. Want soveel goeie goed gebeur met ons, jy’t my drie jaar terug uit hartseer kom red, en alles wat jy vir my doen laat my hart opgwonde gons. Ons kan dankbaar wees teenor Hom, ek en jy het mekaar per toeval gevind, ons […]
Die hemel weet hoe lief ek is vir jou …
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die hemel weet hoe lief ek is vir jou. Want waneer ek hartseer is vertroos jy my, waneer ek na familie verlang weet ek jy is altyd naby. Jou oë vertel vir my ‘n verhaal van altyd saam wees, ek is altyd daar vir jou in liggaam en in gees. Waneer […]
Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing ek sien die winter op die grond as ek wakker word is ek alleen die maan ‘n groot bal, koelrond daar is stilte in die lug in my kamer, rondom my tog hoor ek jou nog fluister in ‘n droom so pas verby ek kan nog altyd dink […]
DONSKOMBERSIE
Ek het vandag laatmiddag die dag se wegloop so plek-plek vasgetrap en ‘n bietjie dag se somer goud gaan bêre onder my slaap se donskombers Ek stof die dag se goud-as van my kamer vensterbank met ‘n glimlag af en maak vir my ‘n afvalkussing wat pas by my donskombers gemaak uit gister se druipstert […]
Jy Is Myne
Jy is myne. Ek het jou dadelik herken en geweet jy is myne en ek het my geroeste hartskarniere geolie en die deure het geluidloos sag oopgeswaai dat jy kan inkom— Iewers vandaan het jy en die liefde vlindersag ongemerk sonder trompetgeskal arriveer in my lewe as die mooiste en blinkste ster aan my hart […]