Lente
Lente Ek ken die blomryke Bolandse lente, ek ken Namakwaland se blommeprag, ek ken Gauteng se pragtige kosmosblomme wat die hoofpaaie aan weerskante opvrolik— Ek ken die droë lente van my heimatland smagtend na ‘n vroeë lentereën waar die fyn opslag en droë twagraspolle hunkerend gereed is vir hul lentedos— Droogte of oordaad, in my […]
LENTE IS HIER…
Heerlik glimlag die son vir ons, so stralend op hierdie heerlike lente-dag. Dit was verseker ‘n lang wag, kom ons wees weer kind, laat ons lekker in die son gons. Lente is hier, ja, dis verseker. Kom ons wees weer kind, gaan speel in die son. Laat ons op hierdie dag, soos van ouds saam […]
Weggooi kind, wegloop kind
Jy weggooi kind, verlate, verweerloos en alleen gelos. Met die hartseer in jou oë, met die hunker na ‘n liefdevolle gesin in jou hart, hou aan glo, jy bly immers steeds Vaderskind, die lewe is ook net wreed met jou, maar jy verloor nie hoop, en jy staar jou nie blind, want op die straat […]
My trots, my taal… Afrikaans
Van moederskoot ken ek jou… in kleutersang en troetel woord, strompel jy hink-hink tot skoene groot. My taal… Afrikaans, jy’s lieflik in klank, hoe meer ek van jou leer, hoe meer wil ek weet, so laat my toe om jou te ontleed. Jou suiwer prag en praal is skaars soos eeue oue skatte verborge in […]
Psalm 33:6
Jy is deel van die sterre Die sterre is oneindig Dit maak jou oneindig Breek los, droomjager Jy is uitgeblaas
Koppie krap
Ek is maar net ‘n teekoppie Vasgevang in ‘n voëlhok Opgehang in ‘n boom vol vreemde goed Ek mis darem nooit ‘n sonopkoms nie Voëltjies sing my betyds wakker Soos hulle in die vreemde tuin speel Ek vang myself gereeld na die wind luister Dan wonder ek hoe ek hier gekom het – Hoe word […]
DIE MAAN SE EENTAND GLIMLAG
Verdwaalde wit maanligstrale kwyl oor sy lippe verby sy eentand glimlag en plof soos kwiksilwer op die plaaspad se sinkpad boggel ruggies neer Skaam trek die maan wolke voor sy een tand glimlag mond en tel sy wit hoes asem skaduwees tussen die krakies van ‘n kakiebossie vir nog ‘n glimlag op Ek loop vanoggend […]
Ek ken ‘n taal
Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat van ver af kom – onwetend – oor ‘n blou oseaan om haar vlag te plant op ‘n suiderstrand en toe wankelend in wording moes staan. Ek’t het gehoor daar’s ‘n taal wat gewortel is in die aarde, soos die stam van Kambro wat dialek in Kaaps en Namakwa […]
Voëls in die lug
Die voëls in die lug roep uit: Hoe groot is God! Van elke voël se val is Hy bewus. Hy sorg vir elkeen, Klein en groot. Die arend -doelgerig. Met skerpe oog sien hy Sy prooi. Hy sweef So rustig voort. Met hoë spoed vind valk Genoeg vir elke dag. Tevrede met die dag se […]