Nuwe dag, nuwe lewe, splinternuwe geskenk!
Die nuwe dag is vir jou gegee as geskenk, dat jy elke uitdaging sal oorrompel, en sal wen. Wees dankbaar vir jou nuwe asem, wees dankbaar dat jy gesond kon wakker word, en dat jy kon eet, jy is nie rasend honger nie, jy’t niks te kort. So lééf vandag asof dit jou laaste is, […]
Iewers
Iewers Die ou wêreld is deurmekaar soos ‘n omgeklitste roereier en byna oral in lande kook ‘n heksepot oor daarom wil ek weg na Iewers ‘n ongekarteerde stil ou plekkie, ‘n vredesoase, net ek en die muse so is afgespreek en die ontmoeting is op die naaste horison, maar sy ontwyk my al verder en […]
tamar
groen hare blou lippe swart soene betower my soos die dooies wy kind van die kaas maan kopervuur hare strooi-kaneel pienk swaan roombruin vel gesig tande laggend donker saffier skitter-skyn gelaat smarag lemmetjie neon koel saffier elektries-lemoen helder skadus sterre lewend groen vinkel-vonkel purper-rooi rok en swart borduur laggend goud jakaranda bruid vreugdes troue blydskap […]
Kleurvolle Josefskleed
Ek is een van die Evasvolk wat bidblind broos deur emosies kolk soos wanneer die son wil kartelbreek ook horison dan tuimel ongebruikte alfabetletters in bont stiltes oor die oewers van my praat Hier hang ek verskeurde lanferlappe van anglisismes; met engels bevlek aan die winkelhak van Afrikaanse genade koop so ‘n nuwe vrede Vreugdevol […]
Daniël
Wat maak ek hier? Gevange geneem, geneem na afgodsland. Wie is ek, Daniël? Sonder gebrek, aantreklik en slim, ‘n koningskind van Jerusalem. Hoekom word ek opgelei in afgodsland? Net die beste kos en wyn! Wat sal ek kies? Sal ek my land en God verloën? Tien dae te wys dat God bestaan. Water en groente […]
Geliefde Seun
Op ‘n hoë berg was U alleen Met hulle drie. Elia en Moses was ook daar. U klere helder, skitterblink, Laat die dissipels skrik. Hul uiter woord van selfbelang. ‘n Wolk oordek U heerlikheid. ‘n Stem roep uit die hemel: Dit is my geliefde Seun! Hom het ek lief. Doen wat Hy sê. In skoon […]
Pappa is my fluister in die Wind…
Pa het die ewige lewe ingegaan en my met die pragtigste herrineringe gelos. Ja ek sal nie stry nie, soms is ek hartseer dan mis ek vir pappa, wanneer die lewe erg druk, mis ek hoe pappa my altyd kon dra. Vandag onthou ek pa se glimlag, en pappa is nou ‘n fluister in die […]
Wonderlike Ware Liefde
Dit is wonderlik die liefde van ons, ja dis nie aldag maklik nie, maar dis ‘n wonderlike pad om te stap, daai iemand in jou lewe te hê, wat jou hart oor en oor weer opnuut laat gons, dis ware liefde, sonder om nog ander stories by te sê. Ja soms voel dit vir ons […]
Uur van Angs
Dit is twaalf uur op ‘n Saterdag middag, winkels is in rep en roer met almal dis Kersfeestyd dit koop hier en koop daar, en tyd word afgespeel in my hart dat iets my jag Want hier binne in my is ‘n bondeltjie vreugde, wat nie meer in moederskoot wil deug, die alarm het afgegaan, […]