skurwejantjie
ouvolk, jy lyk vanoggend soos ‘n skurwejantjie wat brom jou woorde vroeg al soos ‘n gordelakkedis vol krappe en skulpe wat sny diep onder jou growwe vel weet ek lê daar ‘n hart, koudbloedig maar ook soms sag en teer van liefde hang net af van prikkels om jou jou kraalogies tuur […]
dagboekfrustrasie – (Silwer)
Dagboekfrustrasie – (Silwer) hoe gereeld moet my linkerhand die middellyn kruis teen balans indruis om my dagboek oop te vou ‘n poging om gebeure vandag kristalhelder neer te pen toevertrou aan immer hulpvaardige hotklou gedagtes genadeloos versluier deur die slepende spore van inksmeersels van links na regs verewig om gisters vlekkeloos […]
sleutelbord-konsternasie – (Silwer)
sLeuteLbord-konsternasie ti – ke – tie – tak sLeuteLs kLap o n r eëLm a t i g pLoeterende pLig hande oorkruis makLik kwansuis frustrasie druis wanneer 1 2 3 4 5 vrede v e r d r y f spertyd wreed kyf verkeerde […]
alledaags
uit my slaapboks met oop oë sit ek en tuur oor spieëlgladde see branders het gaan rus vir nou kleinste sagte klots klanke verraai veel groter krag oor my duin se rand skuif daar een bollerige dier tuur saam met my met sy dowe oë oor hierdie seënvolle stil oggend saam verlustig in […]
Sannie se stryd (Goud)
Sannie se stryd Sannie Swanepoel van die Strand kan alles doen met haar linkerhand; sy sny perfekte snye brood kan die AGA met een hand stook en wag tot jy sien hoe kap sy ’n ui! geen mes het al ooit uit háár hand gegly selfs met ’n skilderkwas is sy flink – sy verf […]
In die land van Linkshandigheid, is Leonardo Koning
Kan ons die man verstaan wat die heelal probeer verstaan het? Wie se gedagtegang die tegnologie met honderde jare vooruit was? Leonardo se spieëlskrif tydens die Renaissance: Ek eet nie diere nie, ek bestudeer hulle: ‘elluh reebutsed ke, ein ereib ein tee kE’. Boekkennis is tydelik, maar ewigheidservaring spruit uit waarneming, eksperimentering, kyk en luister. […]
linksdominant…’n terloopse mymering (Goud)
my linkshandigheid was volbring, lank voor geboorte maar Juffrou was op die …gebruik jou sterk handjie!…-missie en terwyl ek potlood-kwas-kryt angstig in my lomp regterhand probeer akkommodeer het my sterk handjie slap in my skoot gelê… © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
abstrak (Goud)
blameer tog nie my linkerhand-kwashale wanneer lyne onharmonieus kartel en kwyl en krul op my skilderdoek nie linkerhand…regterhand handvoorkeur maak nie die kunstenaar nie daarom is my abstrakte kuns binne bestek met dalk net so biétjie chaos, plek-plek! © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
LINKSHANDIG (Goud)
LINKSHANDIG EK is links ek hou skêr ek knip reguit ek droom groot linkshandig is anders ek speel kitaar linkerhand anders in regterhanddomein leef en speel anderse manier vervuld regterhanddomein in anders linkerhand kitaar speel ek anders is linkshandig groot droom ek reguit knip ek skêr hou ek links is EK ©MarleneErasmus 27/08/2025