respektabele
waardigheid kom nie saam met groot lawaai nie indrukwekkende persoonlikhede is dikwels baie stil om gerespekteerd deur lewe te gaan moet jy respekteer indrukwekkende eerbiedwaardige staatsmanne word onthou in volksmond kan dit beskryf word as: “ek hou van ‘n man wat sy man kan staan, ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan […]
Vlerke van Duisternis
Vlerke van Duisternis Kitty Hawk se wind sny skerpwaar storm wolk sy skadus werpdie Wright broers se staal en droom‘wyl vlek swaai wind in storm stroom *** maar in die skares is oë wat gloeivan klandestiene krag wat knoeidie mafia glim stil, hul planne swaardonker hang oor oggend baar *** elke gil bring trilling, elke […]
portale
dagbreekson stroom na bo sonstrale weerkaats heen en weer deur portale van my duinehuis van ou na nuwe spieëlbeelde wat kartetse gooi na buite dit verlig al die donker skaduwees om my vertel van alles wat vashou van alles wat losmaak wat aanhou en al bouend die hoekstene vir more lê dit bring […]
Tikkel Tokkel #silwer
Tikkel tokkel onderstebo agterstevoor ekke tokkel snare raar maar waar om-en-dom links lei regs volg om-en-dom raar maar waar ekke tokkel snare onderstebo agterstevoor Christa Diederiks ©
op
heeltemal klaar gatvol verby daar waar daar ookal kan wees vanuit die uitsig van my duin sien ek vandag die plekkie: op eerste keer in baie lang tyd maak lugspieëls nie sin spel geen beloftes uit klaterende lawaai van gestroopte ratte wat knarsend tot stillstand kom op die onverkose plek van heeltemal op […]
Blommekransland
Namakwaland, jy het my hart gevat, So stilweg, soos ’n jakkals op sy pad. Jy’t hom weg gesteek, ag, sonder berou Onder kruiebosse, waar die wind sag vou. Kleurvolle blom, soos ’n kind se droom, Spat oor die veld in ’n vrolike stroom. Geel, pers en rooi, dis nie net vir die oog, Dis […]
monsieur
meneer die kabaal jou eiegeregtigde kabale jou luidrugtigheid Bacchusfees meneer, jou hinderlike aanmatiggende knoeiery laat my bibberend koud Bacchusfees meneer, dit is mos “meneer” jou barbaristies gulsige eetstyl soos swyn met kaal hande gevoer Bacchusfees meneer die swyn glurend deurspek in wyn elke sel verdun-versin Bacchusfees © Tearlach. (Bacchusfees – […]
halowentelbaan
soos ruimtetuig sweef my gedagtes in halowentelbaan afhanklik van drie kragtige faktore wat behou waardes en gewete breinkrag alleen kan nie my baan verseker ingebore DNA wel al wankelend is my wentelbaan om wat lewe is druk om te presteer lewendige ambisie in kompetisie geborg deur Sy Woord © […]
Die Opstandig
Die opstanding (Deel 1) Ruiter op die wit perd binne die blits van ’n blits-sekonde versplinter die hemel met gebulder kloof ‘n gapende weg oop kristal-helder-verblindend die weg na vernietiging! brullend, met vlerke, daal ‘n forse sneeuwit perd Jesus, Gesalfde Waaragtige Een op sy rug triomferend wapper sy bebloede kleed soewereine krone […]