Middernag-horlosie
Tik tik tik Voel jy ook die aarde ruk, soos sy haar vere vir die dag bewend-bang reg skud? Tik tik tik
Teken van Genade
Wolke vorm in ‘n wasem, vol hoop en lewenskrag skep die heelal sy asem; wag angstig op Sy krag. Kalm is wind se gewaai wat aanhoudend bly kla; weg is die ewige lawaai oor die las wat hulle dra. Aarde se dorstige stem, soekende na verlossing sny soos ‘n mes se lem, smeek in verwondering. […]
Die kind
Die kaai krul swanger om die skepe in die baai. Dartelend speel ‘n vissermanskind Op dolosse wat kreun teen water en wind. Slaap nou-jongmens-slaap. Wind vou om die Kaap. Sluimer-sing van die see, Van haar leë beloftes en slingse weë. Die meeue koggel-skêl, Die kind lag in die wind. -hy struikel in spel, waar hy […]
Woordeloos
Waar ons vanaand hier op die klam sand sit in woordelose verbasing staar na die maan wat die swart see met goue glimmers verlig Luister ons in stilte hoe die wind haar naglied oor en oor sing wyl ons toekyk hoe die see kieskeurig uitspoeg en weer vat wat sy wil. Soos branders ritmies heen […]
Ek laat weet jou net
Die okkerneute het toe mooi gegroei – so ook die amandels. En wyl ek weer deur gister’s boorde loop breek ek ryp vye in my hande oop. © Carma Shaw 19 April 2017
My Binnekamer
in my binnekamer staan ek alleen van pretensies gestroop naak voor U met al my rou met al my seer in my binnekamer val my wêreld-mombakkies af die een met die aangeplakte lag lê in skerwe op die grond in my binnekamer val ek smekend voor U neer kan ek bely ek is net ‘n […]
Gelouterde genade
gelouter deur ‘n helse vuur staan ek in U lig hier in my laaste uur soek ek U aangesig onverdiende genade sproeireën oor my deurdrenk my hele wese U genade maak my vry verdryf al my vrese in U skadu kan ek skuil
Vertroue
ek, geknakte riet maar nog heel voortgespruit uit die swartste grond kyk op na die hemel wieg op die maat van die sagte wind wat deur blare speel dans saam met woeste orkaan trotseer die storms van die nag want ek weet ek sal nie breek ek is veilig God is in beheer van alles […]
Wonder oomblik
Lyk vir ‘n oomblik gelukkig verdwaal in ‘n oomblik van ontvoering en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son Mmmmm dis mos nou romanties ‘n Stukkie van my hart en siel sommer net vir iemand, iemand so spesiaal moet nie een oomblik wonder van die oomblik waarin jy is Een oomblik sigbaar- dan nie meer […]
Immanuel
onskuldig ons skuld gedra maak die wat Hom wond gesond onder die sware kruis het Sy liggaam geknak maar die sondes van die wêreld vir Hom nie te swaar weier die wyn en mirre vir pyn maar vir ons gedrink die bitterste beker wat Sy Vader skink vra vergifnis vir die wat Hom skuldig bevind […]