Miskien
Want hier vind ek jou altyd ‘n mooi skemerslig silhoeët ‘n suiwer sielsprentjie miskien is jy my dagdroom my wakende oomblik se asemhaal jy dans in my gedagtes speel in die dieptes van my hart jou stem eggo alom my ure jou glimlag straal soos die môre son verlig die donkerste van my nag miskien […]
Mei 2024 – OOP Projek
Beste INKers Ek het onlangs ‘n heerlike aanhaling gelees, en alhoewel ek nie suksesvol was om die outeur te identifiseer nie, wil ek dit tog deel: “Jou bestaan is soos die eerste dag van my lewe in die koudste winter.” – Onbekend Nou dat ons so op die welkom-mat van die winter staan, hoop en […]
woord-apopleksie
uit die mond van ‘n suigeling kan jy dalk die ongekunstelde waarheid hoor dan moet sy omgewing darem ook suiwer wees vry van bevuilde taal-omgewing en stryd soms kom digter se gedagtes krom en skeef met nadelige gevolge oor die eter van die gehoor dikwels word gedagtes, woorde en gedigte vertolk as […]
MY EIE JAS
MY EIE JAS Met jou hande oopgekelk soos ’n lelie in die veld. ontvang jy dít wat ek kan gee die egtheid van my vriendskap al die mooi onthou al die swaar, die seer, die rou! Jy neem dit, vorm ’n goue draad. weef daarmee vir my ’n snoesige warmjas een wat net vir […]
DOOD DEUR ‘N PAAR DONKERBRUIN Oë
DEEL 1 DOOD DEUR ‘n PAAR DONKER BRUIN Oë 1943:- WEESHUIS TOE Pappa is net na die ander huis toe Ek en my twee boetjies, Willie en Hansie staan saam met Mamma in ’n groot kamer, Hansie sit op Mamma se heup en klou nes ’n apie. Daar is ’n lang bruin tafel in die […]
Om weer klein te wees
(Woordtelling : 886) Kinders het die wonderlike gawe om nog die wêreld as ʼn magiese plek te ervaar. Daar waar feetjies en kabouters vir blomme sorg en diere in verstaanbare taal met mense kan kommunikeer. Hul wêreld is ʼn plek van wonders en towerkuns waarin jy jouself kan verloor, mits jy bereid is om […]
Daar speel ‘n kind saam die wind (goud)
Kind van albaster kind van vreugde vol son nugter is jy in jou weë tree op tree skarlaken kind halfdag voor en rondomtalie om kom my kind kom my blom, hoe skyn die wêreld in jou pêrel oë hoe lag die blare in die wakker wind as mens die vreugde van ‘n kind sal vind. […]
anderkant die spoor (SILWER)
anderkant die spoor aan die verkeerde kant van die spoor daar het my lewensspore begin loop vele huisies met piepklein erwe voor Jim Reeves wat op Sondae sing van hoop kindertjies klein wat tot laat in die straat speel pa slaap in stilte voor sy volgende skof waar die Roepman eensaam skof uitdeel […]
VRIENDSKAP
VRIENDSKAP Dis reeds jare dat ons saamloop ons lief en leed deel, vele male het jy met jou witsakdoek ’n traan van kommer weggevee. Hand aan hand het ons gespeel af en toe ’n soentjie gesteel. Só wil ek jou onthou vertroetel, geniet en vashou. Marthie Joubert,
tsernobil
in my vliegtuig skeer ek oor die chaos die verwoeste landskap van my vaderland . selfs op die hoogte waarop die tuig vlieg beskut ek myself teen dodelike bestraling . strooi ek water uit oor brandende kernontploffende spore van ‘n volk . in my groet het ek vanoggend afskeid geneem van my vaderland . […]